Vier kinders deur trekker doodgery

Argieffoto

Argieffoto

Vier kinders is dood nadat hulle deur ʼn trekker raakgery is in Ndwedwe, noord van Durban in KwaZulu-Natal.

Kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die kinders, tussen drie en sewe jaar oud, het glo Dinsdagmiddag op ʼn grondpad gespeel toe die trekker hulle raakgery het. “Drie is op die toneel dood en die vierde vandag in die hospitaal.” Zwane sê die bestuurder van die trekker het na die ongeluk van die toneel gevlug. Hy sal tereg staan op vier aanklagte van strafbare manslag.

Weziwe Thusi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in KwaZulu-Natal, het haar skok en hartseer oor die vier sterftes uitgespreek. “Dit is ʼn tragedie. Ek kan nie begryp waardeur die familie gaan nie. Ons gedagtes en gebede is met die Magwaza-familie in die moeilike tyd,” het sy in ʼn verklaring gesê. “Ons hoop dat die polisie die bestuurder van die trekker wat na die ongeluk van die toneel gevlug het, sal vang.” Thusi sê maatskaplike werkers staan die familie by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.