Vier kinders dood in Dundee-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense, insluitend vier kinders, is Sondag in ʼn ongeluk tussen Dundee en Pomeroy in KwaZulu-Natal oorlede.

“Nog agt mense is beseer, waarvan drie kritieke beserings opgedoen het,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, gesê. “Vyf van die pasiënte het ernstige beserings opgedoen en moes ook dringend mediese behandeling ontvang.”

McKenzie het gesê twee motors het mekaar getref. Hy het nie verdere besonderhede van die ongeluk bekend gemaak nie.

Alle beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na die hospitaal geneem is.

Die kinders se ouderdomme is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.