Vier kinders dood toe skoolbus met trok bots

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Vier laerskoolkinders is dood en een kritiek beseer toe ’n skoolbus Vrydagoggend teen ’n vragmotor gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het op die R102 naby Kwadukuza in KwaZulu-Natal plaasgevind. “Netcare 911-paramedici en lede van die Kwadukuza-brand-en-reddingspan het by die toneel opgedaag en gevind dat baie van die kinders steeds in die wrak vasgekeer was. Lede van die brandweer moes deur die voertuig sny sodat paramedici by die beseerde kinders kon uitkom,” het hy gesê.

Volgens Botha is een leerder se liggaam in die wrak aangetref, terwyl drie ander gesterf het terwyl paramedici hulle behandel het. “Vyf mense is ernstig beseer, een kind se toestand is kritiek en twee kinders het wonderbaarlik net geringe beserings opgedoen.” Die beseerde passasiers is na hospitale in die omgewing gehaas.

Die leerders is almal tussen 12 en 13 jaar oud. Botha het gesê dit is in hierdie stadium nie duidelik hoe die botsing plaasgevind het nie, maar dit sal deur die plaaslike owerheid ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Weereens ‘n bewys dat daar sekere tye is dat swaar voertuie nie op paaie hoort nie.

Jolandie ·

Dit sal die beste dag van my lewe wees as ALLE trokke van ons paaie afgehaal word. As jy by ‘n robot stop, staan daar sommer 2 langs mekaar, en nie een kan die ander een verbygaan nie.
Ek wens die regering wil wakker word en weer ons treinstelsel begin gebruik vir die vervoer van goedere soos vroeer!!!

ig ·

Jolandie, die rede hoekom daar so baie trokke op die paaie is,is juis omdat die treinstelsel total in duie gestort het.Ongelukkig sal almal,ek en jy inkluis ,se lewe total tot stilstand kom sonder vragmotors op die paaie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.