Vier kinders sterf in brand

Argieffoto

Argieffoto

Vier kinders, tussen twee en vyf jaar oud, is dood nadat die plakkershut waarin hulle was, aan die brand geraak het in Ivory Park, oos van Johannesburg.

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê hulle is omstreeks 02:00 Sondagoggend na die toneel ontbied. “Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en ons ondersoekspan sal probeer vasstel wat dit veroorsaak het.”

Volgens Mulaudzi het die vier kinders onherkenbaar verkool. Dit was nie onmiddellik duidelik of die kinders alleen in die plakkershut was nie.

“Ons wil ʼn beroep op gemeenskappe te doen om versigtig te wees om toerusting wat gebruik word om lig en hitte te verskaf, soos paraffienstofies en kerse. Ons wil hulle ook versoek om nie klein kinders alleen tuis te laat nie,” het Mulaudzi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petronelle ·

My vraag is net as die kinders daardie tyd van die oggendure alleen was, waar was die ouers dan?? As dit my kinders was, sou ek vervolg word.

MissDemeanor ·

Dit is vir my so hartseer. My eie kind is 2 jaar oud. Mens wil so graag jou eie kind en ander kinders beskerm teen enige pyn en lyding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.