
Een van die betrokke voertuie op die ongelukstoneel in Centurion. Vier kinders en ‘n volwassene is in die ongeluk dood. (Foto: ER24)
Vier kinders en ʼn volwassene is dood in ʼn ongeluk op die N14 in Centurion.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskeie nooddienste was omstreeks 14:00 op die toneel. Een van die voertuie het tydens die botsing in verskeie stukke gebreek.
“Al die insittendes is tydens die botsing uit die voertuig geslinger. Paramedici het vier jong kinders en ʼn volwassene gevind wat op die toneel gesterf het.
“Twee vroue in dieselfde voertuig is lig beseer,” het Vermaak gesê.
Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal vir behandeling geneem.

(Foto: ER24)
“Die manlike bestuurder van die ander voertuig is lig beseer. Hy is op die toneel ondersoek en ook na ʼn hospitaal vir verdere behandeling geneem.”
Die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium nie bekend nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Arme onskuldige kindertjies. Sal graag wil weet presies wat gebeur het. Dit moet spoed wees.
Maroela, sal dit nie beter wees om berig te lewer oor die voorval as jul meer inligting het nie, die opskrif en foto gee meer inligting as die artikel self?
3 Volwassenes en 4 kinders?
Het ek reg verstaan?
7 mense in EEN passasiers voertuig?
Dit is tragies dat die vakansie so moet begin . Ons kan maar net bid vir hul families
Baie van hulle hierbo is duidelik in verkeerd beroep, om sommer sulke gevolgtrekkings te maak.
My logika se die paaie is baie nat, … 7 mense kyk na die foto’s dan sien jul dit is waarskynlik n bussie, lyk soos n Ford bussie.