Vier kinders sterf op pad skool toe

Foto: Twitter via @DriveSAmain

Foto: Twitter via @DriveSAmain

Vier skoolkinders is op pad skool toe vir hul eerste skooldag van die jaar dood toe ʼn bus en ʼn minibustaxi in Ntuzuma, noord van Durban, gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het vanoggend in Ingcebo-weg gebeur. Volgens Meiring is die een kant van die minibus-taxi heeltemal oopgeruk deur die botsing. Dit is egter nog nie duidelik wat die oorsaak van die botsing was nie.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê 18 mense is in die ongeluk beseer. “Vier laerskoolkinders, drie seuns en een meisie, is in die ongeluk dood,” het hy gesê.

“Die beseerdes is op die toneel deur die departement van gesondheid se nooddienste en verskeie private ambulansdienste behandel voordat hulle na verskillende hospitale geneem is.”

Hy het gesê een van die pasiënte wat kritieke beserings opgedoen het, moes per helikopter na ʼn hospitaal geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Fritz ·

Kan iemand dalk statistieke blootle oor hoeveel sterftes op ons paaie in minibus taxis is. Veral gedurende die vakansie tydperk. Die taxibestuurders het geen respek vir niemand en niks nie.

snoefie ·

dit sal net nog n leuen wees. soveel sterftes as gevolg van mini-bustaxies en trokke terwyl duisende kilometers spoorlyn le en oproes of wederregtelik by skrootwerwe vir n appeal en n ui verkwansel word. reis eerder langer en kom daar as kortpad in n minibus-taxi na jou Maker toe.

Riaan ·

Die minister van vervoer het gese dat slegs 10% taxi obgelukke was oor fees seisoen en amper 50% op dronk en nalatige bestuur. Taxi’s sal altyd die voorhand he want hulle ry ons regerende party se landsburgers rond. Daarom maak hulle wat hulle wil

Jakes ·

Taxi het gejaag om 2 trips te doen. Regterkant oopgeruk omrede moes tussen voertuig voor en trok inswenk. So tragies leerders wat oppad skooltoe is met soveel jubel en afwagting….TRAGIES.

Wait-n-bit ·

My inige simpatie met die familie vriende en hul maats.

Logies ·

Hulle weet nie wat die oorsaak is nie? Regtig? MINI-BUSS TAXI, dis die oorsaak, hulle is ALTYD die oorsaak…

Skiet my maar ·

Ons praat al hoe lank oor VERVOER van agtergeblewenes na skole, maar dit word geignoreer, Onveilige vervoer moet gebruik word en dit is nie die eerste groep skoolkinders wat sterf in ‘n minibus nie, maar dit word weereens nie gereguleer nie, terwyl daar in die verlede BAIE streng voorwaardes en bepalings was tov BUSVERVOER vir leerlinge. Die DEPARTEMENT van ONDERWYS is te besig met haarstyle en rassistiese praatjies en DEKOLONISASIE van onderwys in plaas van om te verseker daar is PLEK vir alle kinders in die skole asook TOEGANKLIKE en veilige vervoer. MAAR NEE daar word miljoene op parties en feesvieringe bestee en die arme kind wat REGTIG skooltoe wil gaan moet in ‘n ongeluk omkom omdat NIEMAND regtig omgee nie!

Alida ·

Ai foeitog dis tragies. Waar is die dae van die veilige ou geel skoolbus met ‘n vriendelik oom agter die stuurwiel? Goeie tye gewees.

Scalla ·

Tragies, weer n taxi betrokke, Lesufi kan hom met nuttelose skool dinge op hou, gee dit vir hom om te ondersoek dat hy kan besig bly asb. In al ons buurstate is borde geplaas wat se , we love our children, lyk my nie hier nie.

Ben ·

Dit is tragies dat sulke jong kindertjies op so ‘n wrede manier aan hul einde moes kom. My hart gaan uit na hierdie ouers wat die nuwejaar met soveel hartseer moet begin. Die owerhede moet NOU iets doen aan die situasie op ons paaie en die onverskilligheid van sekere bestuurders. Dit raak erg !

Linda Kruger ·

Kinders en al die ander seker nie gordels aangehad nie

Fielies ·

Mense enige verdien aan n lewe is baie erg. Om klippe te gooi gaan nie die oorledenes terugbring nie. My inigste simpatie met die almal wie se harte seer is. God sal julle almal vashou en vertroos.

Justice ·

Die Hi-Ace minibus taxi model in die ongeluk staan in die bedryf beter bekend as `n “Skorro skorro” of te wel ” stuk gemors”. Die Departement van Vervoer het `n multi biljoen rand taxi vervangings program gedurende 2006 deur Min. Jeff Radebe in werking gestel om hierdie ou onveilige taxis met nuwe en veilige goedgekeurde Taxis te vervang – die taxi herkapitalisasie program of te well bekend as die TRP. Waarom word Skorro skorro taxis
dan nog steeds op die paaie in 2017 hoegenaamd toegelaat? Wat het van al daardie biljoene geword wat daarvoor begroot was? Dit was uitgebasuin in die media en op die internet . Die Minister en Direkteur Generaal van vervoer behoort strafregtelik vir hierdie kinders se dood en beserings aangekla te word. Dit is `n skreiende skande dat die bedrog en korrupsie wat in die Departement van vervoer heers, nou by die lisensie kantore (ook `n onderafdeling)
heers en net verder uitkring. Hulle dobbel met mense se lewens. My innige simpatie aan die families van die oorledenes asook die
beseerdes wie se lewens hierna nooit weer dieselfde is nie.

JakesJ ·

Sou vervang word met 15/ 27 sitplek Vivo of Transporter? Bring net wieldop jou oue en nuwe groot bus, gesien hoe word ‘n dop aangedra in Pmb.

felicity ·

Skiet my maar, ek stem 100% met jou saam. Jy kon dit nie beter en nader aan die waarheid geskryf het nie. Sterkte aan die ouers, familie en al die maatjies wat hulle geken het. Ek glo en vertrou God sal vir julle die vertroosting gee wat julle nou nodig het. Rus in vrede julle 4 kinderjies. Julle is nou deel van die pragitge Engeltjies wat aan Jesus se voete sit.

Ken ·

Ek’t nounet weer ‘n onderonsie met ‘n taxi in Fourways gehad… Bloot reg voor my ingery soos hulle doen. Helemal g-vol vir die goed en blameer 100% die owerhede dat hul absoluut NIKS omtrent hulle doen nie. Hulle maak soos hul wil op die pad en veroorsaak jaarliks die dood van honderde mense op ons paaie – maar ja, geen gevolge vir hul optrede nie….. Kyk maar op Emer G Med se facebook site oor die ongelukke wat hulle post hoeveel taxi’s is betrokke… In SA maak mens mos soos jy wil.

Asjas ·

Maar liewer nie on onderonsies betrokke raak nie, onthou hulle is onaantasbaar. Net JY gaan sleg 22ste kom.

Karen van Zyl ·

Hierdie vraag gaan seker nou simpel klink maar wat gebeur met die taxi bestuurder, word hy dan nie vir moord aangekla & gevonnis nie?

Justice ·

Karen in die baie gevalle word hulle wel aangekla maar stap dan weg met `n 3 jaar opgeskorte vonnis na skuld erkenning. In enkele gevalle word tronkstraf wel toegedien waar nalatigheid 100% bewys kan word – soos voor `n trein in te ry om kinders betyds by die skool te kry. Die kruks van die saak is dat dit die slagoffers absoluut niks help nie – veral waar daar passassiers dood is wat broodwinners was. Finansieel is daar in die meeste gevalle slegs verloorders onder die slagoffers en veral met die daaropvolgende kwaliteit van lewe weens amputasies, spinale beserings ens. Dieselfde geld vir die onskuldige partye in die ander voertuig. `n Ou en struktueel onveilge voertuig (nie eens altyd) met `n oorwerkte ongeduldige taxi drywer agter die wiel is een van die dodelikste kombinasies op die pad.

Asjas ·

Sekerlik word sy PDP en lisensie weggevat? O ja! Jy kan nie iets wegvat wat iemand nie het nie.

Milan ·

Tragies. Wonder hoeveel mense al in taxi-verwante ongelukke omgekom het? Miskien moet hierdie regering van ons, wat so behep is met menseregte, die skending daarvan agv roekeloosheid ondersoek. Die keer sal ons volk nie daarvoor geblameer kan word nie.

Harry ·

Die verkeers beamptes het geen beheer oor die taxi verkeer op ons paaie nie en die skuldiges weet hulle kom met omkoopgeld weg.
Verlede Sondagoggend was ek op die N1 vanaf Nylstroom na Pretoria en ongelooflik met wat se spoed die taxi,s in die reen verby my gekom het.
Dit het n paar keer gebeur dat ek teen ongeveer 120kmph n voertuig verby gaan dan kom die taxi,s van agter en gooi ligte dat ek moet pad gee dat hulle kan verby kom. Die reen het gemaak dat ek self nie mooi kon sien nie maar hulle self ry teen maklik 140 tot 150kmph.
Geen wonder daar is so baie taxi,s in ongelukke betrokke nie.
Dit is tyd dat hulle vasgevat word. Hulle is n gevaar vir almal om hulleen kom daarmee weg.

Stem saam Harry ·

Harry jy is so reg. Die taxis druk voor die metropolisie in hulle staan voor die metropolisie op geel strepe parkeer om passasiers op en af te laai, hulle vat voor die metropolisie die afdraaibaan en druk dan voor die ander mense wat reguit ry en in ‘n lang ry gestaan het in, hulle staan voor die metropolisie in drie rye om bv regs te draai terwyl net een baan regs draai. Hulle laai op hoofwee voor die metropolisie passasiers op en af, en ry voor die polisie oor rooi verkeersligte sodat diegene wat probeer draai nie ‘n kans kry nie .. Die skedonke wat rook blaas en ruk en skud en bande wat so dun is soos papier ry by die metro-polisie verby, hulle word NOOIT afgetrek daarvoor nie. Die taxibestuurders se lisensies word nooit eers gevra nie, en die taxis is meestal ONPADWAARDIG, die deure is met toue vasgemaak en die agterruit met ‘n stuk plastiek en ductape vasgeplak en die stuurwiel is ‘n knyptang. As die TAXIS nie beheer word nie (wat nooit gaan gebeur nie want hulle intimideer en dreig die metropolisie en die regering) dan gaan die dodetal NIE DAAL NIE! So spreek of die probleem aan, of post elke dag nog ‘n foto en berig oor ‘n taxi-ongeluk. En hierdie keer is dit NIE apartheid of die wittes se skuld nie want ons mag nie taxis besit nie.

Asjas ·

Stem saam Harry, het jy al ooit ‘n Metro beampte gesien wat self die wet 100% kan nakom? Ek sien daagliks Verkeersbeamptes wat ook al die dinge doen wat jy hierbo noem.

André ·

Al daardie ou taxis moet van die pad afgehaal word. Hulle is onveilig om mense te vervoer. Jare se “wear-en-tear” en heel waarskynlik swak of geen instandhouding. Geen beskerming vir insittendes nie. Saam met dit is daar nog die bestuurders wat sulke wrakke onverskillig bestuur en glad nie omgee oor die insittendes se veiligheid nie. Dit is voorwaar doodskiste op wiele.

Elma ·

Glo my dit is alles agv van owerhede se nalatigheid en korrupsie! So ook mense wat bestuurders se geldigheid van hulle PDP nie behoorlik nagaan voor in diens geneem word nie. Ek kan getuig daarvan nadat ek bykans 20 jaar terug n slagoffer was van n openbare bus maatskappy waarvan die bestuurder se alkohol vlak baie ver oor limiet was asook het jy n opgeskorte vonnis teen hom gehad van 5 jaar waarvan net 2 verby was. Die polisie beampte wat die nodige lisensie verskaf en man se geldigheid Moe’s nagaan kry n skriftelike waarskuwing,bestuurdeer maar were net tronkstraf en bus maatskappy se jammer. Ek het my man,en kinders het hulle pa verloor en n baba van vriende wat saam in ons voertuig was!! Ek se dankie DAT ek bo menslik minmale beserings op gedoen het nadat die bus oor ons voertuig gery het men’s kom sielkundig nooit oor so iets. Ek pleit die owerhede om dringend die korrupsie hok te slaan. Neem die regte en eerlike mense in diens!!

Pietser ·

Ek kry die mense jammer. Mini-taxis is dikwels die enigste vervoer waarop hulle kan staatmaak. Dis maklik om te praat as jy nie in dieselfde omstandighede is nie.

OU PIETSIE ·

Dit is tragies, en ons MAG daaroor praat al is ons nie in dieselfde omstandighede nie omdat die OWERHEDE al die ou taxis wou vervang maar die taxis hardekoejawel was want hulle wou nie die groter taxis he nie omdat hulle dan nie soveel ritte kan maak nie en langer sal moes wag om die taxi eers VOL te maak, en ja ek het met hulle gewerk, so moenie my probeer korrigeer nie. Daar is baie meer beheer oor langafstand taxis omdat hulle moet aansoek doen vir sekere roetes voor ‘n hele paneel, onder andere regsgeleerdes, hulle SARS sertifikate indien sowel as die feit dat die voertuig padwaardig is. SO JA ONS KAN PRAAT want die REGERING het probeer help en die TAXIBESTUURERS was hardekoejawel. So jou SIMPATIE red ook nou GEEN lewens nie, al wat lewens red is as die situasie JUIS aangespreek word en mense MOAN daaroor.

Asjas ·

As iemand se diens swak en gevaarlik is, gebruik jy hulle weer? Hulle kan groot bohaai maak oor haarstyle, instansies en selfs die hele land tot stilstand ruk en ons MAAK luister met optogte en brande maar nie die Taxi industrie nie??

CHRISTA ·

Ek moes eenkeer met ‘n minibus taxi ry omdat die Putcobus wat ons vanaf Edenvale na JHB vervoer het nie opgedaag het nie. Toe daardie bestuurder sy manewales uithaal het ek vir hom gesê: “You drive properly, or give me my money back and I will catch another taxi”. Hy het sy nonsense gelos!! Die ander passesiers het my aangekyk of ek mal was en ek het net vir hulle gesê: “I pay him to get me to work alive, not dead!” As elke passesier daarop aandring dat die taxibestuurder ORDENTLIK bestuur, sal hulle gedwing wees om ordentlik te bestuur!! Vra jou geld terug en klim uit!!!

Pam ·

Tragies om nie eers jou eerste skooldag te kan begin nie. Fritz, ek stem saam. Dit sal goed wees om te weet uit die 1714 mense wat dood is oor die vakansietyd, hoeveel taxi’s was betrokke. Vanoggend, 4 dood en 18 beseer…..sê vir my hier was weer n oorlaaide taxi ! Klein kindertjies word mos soos sardientjies in n blik geprop !

ig ·

Optrede sal maar langtand wees want elke 2de verkeersbeampte en amptenaar het n taxibesigheid op die kantlyn.

Aloma ·

Ai, dit is so hartseer, dat daar nog kindertjies lewendig uit die wrakke gehaal was is ‘n wonder, hoeveel kinders is al sedert begin Desember op ons paaie dood deur onverantwoordelike bestuurders!

Kobus ·

En daar het Thelsa se kommentaar weggevlieg…seker n Red Bull I gekry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.