Vier kinders versmoor in ou kar

(Argieffoto: Hansie Linde)

Vier jong kinders, almal familielede, is Woensdag dood toe hulle in ʼn ou motor gespeel en versmoor het.

Lesedi Mnguni (3), Jwalane Goodness (3), Lerato Donald Tshabalala (2) en Mojalefa Mokoena (4) wat almal saam op Petsana naby Reitz in die Vrystaat woon, is gister die laaste keer omstreeks 11:30 lewend gesien.

Hul 72-jarige ouma het na hulle omgesien.

Die ouma het na die kinders begin soek en hulle is omstreeks 16:30 bewusteloos deur nog ʼn familielid in ʼn ou Volvo aangetref, sê AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder.

“Hulle het die deure probeer oopdwing, maar dit was van binne gesluit. Hulle moes dit oopbreek, het die kinders uitgehaal en nooddienswerkers ontbied.”

Paramedici het al vier kinders, drie seuntjies en ʼn dogtertjie, egter op die toneel dood verklaar.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marcello ·

En ‘n mens is erger oor jou kleinkinders as oor jou eie kinders.

Tanniepetoors ·

Ag nee, hoe uiters tragies. Innige, innige meegevoel met hierdie families. Ouma, Mama, asseblief, hierdie is nie iets wat jy kon verhoed het nie. Rus sag kleintjies.

Prikkie ·

Ou motors en ou yskaste – laat die goed saamgepers word of slaan dan ten minste ruite uit in die geval van ‘n motor.

Watter kind speel nie graag in ou motors nie.

Danie ·

Afgryslik kinders maar net kinders yskaste ook n probleem.Weereens kinders kan nie sonder behoorlike toesig gelaat word nie punt.

Realis Thailand ·

Die verantwoordeliksheids graad by sulke mense wie kinders oppas is ook maar so te se nul. Dit is agv die opvoeding en die kultuur van die mense
Baie simpatie aan die ouers

Sharmane ·

Baie sad ..Op so hoe ouderdom kan n ouma nie daai verantwoordelik he nie.

Yvonne ·

Bitter tragies…so n groot verantwoordelikheid om kinders op te pas

Roek ·

Dit is baie erg, baie sulke gevalle het in die verlede plaas gevind !

Di ·

Baie hartseer! Hoe kan hulle ouers van ‘n 72 jarige ouma verwag om 4 kleuters op te pas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.