Vier kritiek ná ontploffing by aanleg

Foto: Netcare 911

Vier mans is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn chemiese ontploffing Dinsdagoggend by ʼn herwinningsaanleg in Germiston aan die Oos-Rand plaasgevind het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 08:10 na die perseel in die suide van Germiston ontbied. Daar het hulle vier mans aangetref wat ernstige brandwonde opgedoen het nadat aërosolhouer glo ontplof het.

“Die pasiënte is op die toneel deur paramedici van Netcare 911 en nog ʼn nooddiens behandel,” sê Herbst.

Twee van die beseerdes is per helikopter na ʼn hospitaal vervoer, terwyl die ander twee per ambulans na hospitale gehaas is.

Herbst sê die oorsaak van die ontploffing word nog ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bamsie ·

Ek wonder of die beseerdes na staarshospitale geneem word met die tekort aan dokters? Help so helikopter rit dan enigsins die arme pasient?

John ·

Al weer? Die’ fabriek is erg verby. Uitlanders of te nie… die veiligheidstandaarde is zero…

Stripes ·

Aerosol houer????? Het hulle ‘n blikkie “underarm” op die hotplate vergeet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.