Vier kry altesaam 90 jaar tronkstraf vir renosterstropery

Argieffoto

Vier beskuldigde renosterstropers is Donderdag in die Zeerust-streekshof tot altesaam 90 jaar tronkstraf gevonnis.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woorvoerder van die polisie, het gesê dié vonnis kom ná ʼn voorval op 29 Maart 2017 waartydens die vier mans die Madikwe-wildsreservaat in Noordwes betree het en glo ʼn renoster doodgemaak het.

“Die vier het te voet gevlug toe die polisie ná ʼn wenk op die toneel aankom. Hul voertuig is deursoek en daar is ʼn vuurwapen, messe sowel as twee renosterhorings in die voertuig aangetref.”

Makau het gesê na deeglike ondersoekwerk is die vier op 4 April 2017 deur die provinsiale veediefstal-eenheid vasgetrek in Winterveldt naby Soshanguve.

Die beskuldigdes is as volg gevonnis: Johannes Mthopa tot 10 jaar tronkstraf, Monda Ndlovu tot 20 jaar tronkstraf, Patrick Khoza tot 30 jaar tronkstraf en Samuel Masive tot 30 jaar tronkstraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Machiel, ek dink mense soos jy voel vere vir renosterstropery want julle kan doodeenvoudig nie verstaan dat dit twee verskillende moordtogte is waarvan een van die twee slagoffers met die talent geskep is om selfbehoud toe te pas maar die ander nie verstaan waarmee die boosaards besig is. Julle verstaan nie maar gee voor dat julle doen.

Leon ·

Is doodstraf nie n goedkoper alternatief vir die belastingbetaler nie?

christa ·

Leon ek stem saam met jou, aangesien die tronke reeds oorvol is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.