Vier leeus ontsnap weer uit wildtuin

Argieffoto

Vier jong leeumannetjies het weer uit die Krugerwildtuin ontsnap en ʼn volskaalse soektog na dié roofdiere is in Mpumalanga van stapel gestuur.

William Mabasa, SANParke se algemene bestuurder van kommunikasie en woordvoerder van die Krugerwildtuin, het Maandag in ʼn verklaring gesê die leeumannetjies het vermoedelik Sondagaand uit die wildtuin ontsnap en is by Matsulu, ʼn nedersetting buite die park, gesien. Die nedersetting is sowat 40 km oos van Nelspruit.

“Wildbewaarders van die Krugerwildtuin in samewerking met die Mpumalanga-park-en-toerisme-agentskap (MPTA) is in die omgewing om na die leeus of enige spoor van hulle te soek. Sodra ons meer inligting het, sal ons dit bekend maak. Intussen versoek ons inwoners van die omgewing om uiters versigtig te wees.”

Hy het gesê inligting sal deurlopend bekend gemaak word totdat al die leeus weer suksesvol gevang is. Mense wat die leeus opmerk, word versoek om die polisie by 08600 10111 te bel.

In Mei vanjaar het vyf jong leeumannetjies by die Komatipoort-omgewing uit die wildtuin ontsnap, nadat hulle vermoedelik deur ʼn dominante mannetjie uit die reservaat verdryf is. Die leeus het vermoedelik deur die Komatirivier ontsnap, aangesien die rivier laag was weens min seisoenale reën.

Die vyf leeus is kort daarna naby die kruising van die N4-snelweg en Manangaweg opgemerk. Die leeus het daarna verdeel en in verskillende rigtings in die suikerrietveld inbeweeg. Vier leeus is kort daarna na ʼn gebied verder in die wildtuin geskuif. Die vyfde leeu is nooit gevind nie en het vermoedelik self terug in die reservaat ingegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

HB ·

Dit is heel verstaanbaar dat wilde diere uit die park kan uitstap en nie “ontsnap” nie. Die heining van die Kruger Wildtuin wat grens aan die Hazyview stasie is totaal beskadig op sommige plekke en op ander amper “non-existent” en dit sal geen wilde dier keer nie. SANParke moet die heinings herstel. Nou vang ‘n onskuldige leeu weer vee in nedersettings en word geskiet.

Gas ·

3Julie toe skiet veldwagters n leeu mannetjue dood in Biyamiti kamp toe hy by die oop hek instap
Die huisies is treurig onderhou en net so die heinings en park
Alles ten koste van ons erfenis

Maya Roon Joubert ·

Stem saam HB as daar maar net ‘maintenance’ werk gedoen word!

Eric ·

Hoop hul plaas my komentaar die keer dus swak instandhouding swak swak

Johann ·

Maroela, mag mens wonder oor waarom die grensdrade swak instand gehou word, dis nou oral waar dit langs die nedersettings aan die weste is, maar nie in die suide van die Wildtuin nie.

Johann ·

Hallo, mag ons gesels, of is hierdie ‘n taboe onderwerp?

Cacophony ·

Hoekom nou ewe skielik so baie ontsnappings? Enigste logiese rede? Swak instandhouding en bestuur

Johann ·

En vir die gemeenskapoe sommerTOEVALLIG ‘n tjoppie vir die pot. Geen wonder hul sukkel so met die stropers van renosters nie.

Mike ·

Hulle gaan seker die Leeus(super rugby) leer speel………..

Namgrl ·

Ontsnap?? Die leeus kom uit die wild….hoe weet hul dat hul ‘ontsnap’ het. dis ons as mens wat hul wil ‘tronk’… hoop nie daar word mense beseer gedurende die tyd -anders word die diere weer gemoor… eish

Albert ·

Ja ek stem saam die instandhouding is nie meer op standard nie want hul tyd word nou op geneem om stropers te jag, maar die ander groot problem is dat daar nie meer genoeg wild is in die Kruger Nationale Park is nie. Ons wat al jare dit besoek kan sien hoe die wild minder en minder word. In die verlede kon jy net biltong koop in die winter by die kampe se winkels nou is dit dwars deur die jaar beskikbaar, dan word daar nog hordes wilg gevang en aan die oorgrens parke geskenk waar die gemeenskap nog steeds in bly.

MARTIE ·

Hulle het nie ontsnap nie :) al wanneer jy ontsnap is as jy gevange gehou word. Hulle het net uitgekom.

John ·

Dalk geskiet en weggekry… Leeus is groot geld en dalk ‘n ‘inside’-joppie vir ‘n ‘outside country.’..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.