Vier liggame by goudmyn opgespoor

Foto: @crimeairnetwork, Twitter

Foto: @crimeairnetwork, Twitter

Die liggame van vier vermeende onwettige myners is Saterdag by ʼn goudmyn in Benoni, Gauteng, opgespoor.

“Veiligheidswagte het omstreeks 09:00 verskeie patroondoppies naby die liggame opgespoor,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Veldmotorfietsryers het glo vroeër op die liggame afgekom, maar die veiligheidswagte van die myn het die polisie ontbied.

Die mans is op teregstelwyse agter in die kop doodgeskiet.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Die liggame is nog nie uitgeken nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.