Vier maande oue baba vermoor

babahandjies

Foto: SeppH/Pixabay.com

ʼn 26-jarige man verskyn Dinsdag in die Stilfontein-landdroshof in Noordwes in verband met die moord op sy vier maande oue baba.

Die man word daarvan verdink dat hy die baba Sondag vermoor het. “Volgens die inligting wat ons tans tot ons beskikking het, het die pa en sy meisie op 15 Oktober by Khuma- informele nedersetting naby Stilfontein ʼn woordewisseling gehad,” het lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die pa het na bewering die baba gegryp en die kind op die grond gegooi.” Die kind is op die toneel dood verklaar.

“Die saak is by die polisie aangemeld en die verdagte is in hegtenis geneem. Hy verskyn Dinsdag in die Stilfontein-landdroshof op aanklag van moord.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

snoefie ·

dapper man. hy het die woordewisseling gewen. sal sejer vir 30 dae weskoppies toe gestuur word.

Mielie ·

Moord is nou die orde van die dag in hierdie land. Misdaad is absoluut buite beheer.

BB ·

Ag help my tog verstaan! Hoekom hof toe gaan???? Sluit hom net toe vir altyd

Uvonka ·

BB dalk sal die jou help verstaan! Kriminele en moordenaars het die reg en regering aan hul kant! Maklik verstaanbaar!

MM ·

MOORD EN DOODSLAG sal in ons land vererger tot daar drasties iets gedoen word – as jy n koerant oopmaak is daar moord en al die moorde is soos kos op n tafel wat jy elke dag moet doen – Dis deel van ons sameleweing en solank as wat die misdadiger NIKS oorkom nie en net liggies getik word op die vingers gaan dit vererger – REGERING SE SKULD – ANC

Stella ·

Dit maak my woedend wanneer kinders altyd onder volwassenes moet deurloop. Net lafaards wat nie hul man kan staan teenoor ander nie haal hul woede op kinders uit. Stem saam…beslis die sogenaamde ANC se skuld dat dinge hand uit ruk. Kyk watter voorbeeld word in die parlement gestel…geen skaamte nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.