Vier mans dood in motor gevind

Argieffoto

Argieffoto

Vier mans is dood aangetref in ʼn motor nadat hulle vermoedelik in ʼn ongeluk betrokke was in Dobsonville, Soweto.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier mans se liggame was in die motor vasgekeer. “Dit blyk dat hulle motor klippe getref het voor dit teen ʼn boom gebots het. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Makhubela het gesê dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag.

Volgens Makhubela sal daar ʼn nadoodse ondersoek gedoen word om die mans se oorsaak van dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.