Vier mans in Kraaifontein doodgeskiet  

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in die Wes-Kaap het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat vier mans Dinsdagaand in ʼn informele nedersetting in Kraaifontein doodgeskiet het.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is die polisie kort na 20:00 na Wallacedene ontbied en is die liggame van vier mans met skietwonde in ʼn plakkershut aangetref.

Die oorledenes was almal vermoedelik in hul 30’s. Die motief vir die moorde word ondersoek en volgens Potelwa is speurders van die provinsie se eenheid vir ernstige geweldsmisdaad by die ondersoek betrokke. “Verskeie persone word ondervra.”

Die moontlikheid word ook ondersoek dat die oorledenes by ʼn sakeroof in die gebied betrokke was.

Potelwa het gesê meer inligting oor die voorval en die oorledenes sal bekend gemaak word soos die ondersoek vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Maritza ·

Wel as hulle betrokke was by ‘n roof het hulle gekry wat hulle verdien

De Bok ·

Dit is bendegeweld. Hierdie tipe voorval is nie vreemd op die vlaktes nie, nou kom dit ook Kraaifontein toe

otter ·

se asb wallacedene en nie kraaifontein nie . Mense skep verkeerde indruk omtrent die plek . Ek t jare gelede daar gebly en dit is n aangename plek om te bly met baie potential. As jy gaan kyk na die map , le wallacedene eintlik in brackenfell en northpine ook .

Monja ·

Ai waar gaan ons land op eindig? Dis net moord en doodslag ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.