Vier mans koelbloedig in KZN doodgeskiet

Argieffoto

Die polisie in Nquthu, ongeveer 50 km oos van Dundee in KwaZulu-Natal, is op soek na die persone wat vier mans Saterdagaand doodgeskiet en ʼn vrou gewond het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans is die aand om 19:30 “deur die Mabaso-gesin” gestuur om goedere in Nquthu te gaan haal. “Die mans het in hul motor gery toe hulle deur onbekende persone voorgekeer is wat al drie doodgeskiet het.” Hul liggame is langs die pad by Ntabezibomvu in Nquthu gevind.

Die aanvallers het daarna met hul motor na die Mabaso-gesin se huis gery waar ʼn 21-jarige man en ʼn 69-jarige vrou geskiet is. “Die 21-jarige man, Philani Mabaso, is by die hospitaal oorlede. Die vrou is steeds in die hospitaal vir verdere behandeling.”

Die drie mans is intussen geïdentifiseer as Nhlakanipho Mabaso (23), Nkomo Zulu (29) en Simphiwe Dlamini (30).

Die polisie ondersoek vier sake van moord en een van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Die HAT noem ‘ANARGIE’ as ‘Toestand van regeringloosheid, volslae wanorde waarin geen gesag erken word nie.’
Sterkte aan almal (my ingesluit) wat voorheen, vandag en toekomstig te doene het met alle vorme van misdaad in hierdie eens veilige land.

Skokkend ·

Een van die verdagtes se van is ook Mabaso. Mens wonder of dit ‘n familiemoord was? Baie erg dat mense niks van ander se lewens meer dink nie .. Maar dit is omdat hulle nie meer gestraf word nie dat dit ‘n Sondagsport geword het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.