Vier mans met renosterhorings betrap

Vier verdagtes is in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Vier mans is Maandagmiddag in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat twee renosterhorings in hul besit gevind is.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het gesê die Germiston-eenheid van die Gautengse blitspatrollie het die inhegtenisnemings omstreeks 16:00 in Geduld gemaak.

“Die beamptes was besig met roetinepatrollie toe hulle twee verdagte voertuie in ʼn oop park sien staan het. Die polisie het die voertuie genader, waarna een van die voertuie, ʼn silwer Mercedes Benz, weggery het. Die ander voertuig, ʼn wit Ford Ranger, is gestop en deursoek.”

Die polisie het die twee renosterhorings in die agterkant van die bakkie gevind en daarop beslag gelê.

Die verdagtes is dadelik in hegtenis geneem. Hulle moet binnekort in die Springs-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van renosterhoring.

Die Springs-polisie ondersoek die saak.

Die horings waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kietsie ·

Jaaaaaaaaaa en so vertel almal vir ons dat die wettige verkope van renosterhorings nou hierdie skarmunkels en onwettige jag en moord op renosters gaan laat ophou. Wishful thinking.

m ·

Wie gaan nou betaal vir renosterhoring as jy dit gratis kan kry?? Die hele verkoop storie is belaglik.

tamboti ·

Jaaa Kietsie en M, kyk hoe het die algehele verbod op die verkope die renosters se lewens gespaar……… TOE NIE!!!!!! ……………………EN DIT NEEM STEEDS TOE, POACHING BEREIK NUWE REKORDS!!!!!!!!!!! Haai wie sou dit nou ooit kon raai!!!! seker nie julle twee
Dwelms is verbode!
Perlemoen is verbode!
Maar misdaad sindikate word skatryk daarmee, en die wat wettig voorheen daarmee geld gemaak het is nou werkloos. Kyk waarmee ry die manne – of is dit seker gesteel.
O ja die wettige veilig was eers gister, en niemand se dit gaan poaching stop nie, dit gaan net vir die wettige eienaars ‘n slag geld oplewer sodat hulle kan aangaan om te boer.
As ek na die afgelope paar jaar se poaching statistiek kyk wonder ek wie lei aan wishfull thinking!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.