Vier mans van mensehandel gered

Argieffoto

Argieffoto

Vier jong mans wat glo onder valse voorwendsel uit die buiteland na Suid-Afrika gelok en aangehou is, is gered.

Kapt. Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, het gesê die vier Zimbabwiese burgers, tussen 15 en 20 jaar oud, is aangehou in Chebeng buite Seshego in Limpopo. “Hulle is glo gedwing om te steel en sonder betaling te werk. Hulle is ook erg aangerand indien hulle nie aan instruksies gehoor gegee het nie.”

Raymond Sithole (25) is Maandag in verband met die aangeleentheid in hegtenis geneem. Hy het vlugtig in die Seshego-landdroshof verskyn. Die saak is tot 9 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Genl.maj. Thobeka Jozi, provinsiale hoof van die Valke, het die ondersoekspan vir hul werk geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Topster ·

Die land is buite beheer en dit word elke dag duideliker.Dit gaan nie stop nie dit gaan net erger word

m ·

Toegangsbeheer is n grap in die land so sulke sindikate floreer in Hierdie land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.