Vier met onwettige diamante in Pretoria betrap

(Foto verskaf deur die Tshwane-metropolisie)

Lede van die Tshwane-metropolisie se honde-eenheid het Saterdag vier verdagtes aangekeer met 36 diamante met ʼn straatwaarde van ongeveer R3,7 miljoen.

“Die span het inligting opgevolg oor diamante wat by ʼn winkelsentrum in Mayville, Pretoria, afgelewer sou word,” lui ʼn verklaring deur die TMPD.

Die span het hulle na die toneel gehaas en gewag dat die verdagtes opdaag. ʼn Wit Honda waarin vier persone gery het, het by die toneel aangekom.

“Die vier verdagtes is dadelik voorgekeer. Hulle het 36 diamante met ʼn geraamde straatwaarde van R3,7 miljoen in hul besit gehad.”

Die vier verdagtes, drie mans en ʼn vrou tussen 49 en 62 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van handeldryf met onwettige diamante en geldwassery. Twee van die persone is Namibiese burgers.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

(Foto verskaf deur die Tshwane-metropolisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

En telkens is dit uitlanders wat hier konkel… Te lekker. Mens skat dalk nie te hoog as jy reken dat die helfte van ons bevolking sedert 1994 uitlanders is wat met allerhande truuks hul hier ingewurm het, maar die ANC sluit hul oë omdat hul glo vreemdes gaan vir hulle stem. Verkeerd.

Di ·

Stem 100% saam – Die regering het GEEN benul HOEVEEL onwettige immigraqnte in die land is nie – Volgens statistiek reken hulle daar is ‘n paar miljoen onwettig in die land wat sin maak. Kyk maar net hoe misdaad toeneem by die dag

Koen ·

Bestudeer die wetgewing mbt ongeslypte diamante en weerhou jou daarvan om jou naam alie te maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.