Vier mense verskyn Woensdag in die Rustenburg-landdroshof nadat springstof in hul besit gevind is.
Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die inhegtenisnemings volg nadat die Phokeng-polisie se honde-eenheid Dinsdag ʼn wenk ontvang en opgevolg het.
“Die beamptes is tot by ʼn winkelsentrum in Rustenburg gelei en het in die parkeerterrein van die sentrum gewag toe hulle ʼn verdagte wit minibustaxi met vier insittendes opgemerk het. Die taxi en insittendes is deursoek, waarna die beamptes op ʼn sak met springstof en ontstekers afgekom het,” het Mokgwabone gesê.
Die vier mense, drie mans ʼn en ʼn vrou tussen 30 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle nie rekenskap van die springstof kon gee nie.
Hulle word aangekla van die onwettige besit van springstof.
Hulle was seker oppad om geld te gaan trek by die kitsbank…
Skerp!
Private banking…
Skerp. Jy het seker in die messelaai geslaap. Lekker gelag hiervoor.
Nou moet die wat die plofstof gesteel het en die persoon verantwoordelik vir die berging van daai plofstof nog opgespoor word en aangekla word.Hierdie vier is net die tippie van die ysberg in die saak.Ek hoop die SAP gaan hul werk vir ‘n slag ordentlik doen
Klink vir my soos n plofbare situasie
Wou seker ‘n OTM opblaas.
of vir onwettige mynbedrywighede gebruik.
By ‘n winkelsentrum? Dink weer.