Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê die vier beamptes het glo Saterdag ʼn winkel in Soshanguve beroof. Hulle was glo ten tyde van die voorval in uniform en het in twee gemerkte voertuie gery.
Volgens Mahamba het die beamptes glo R2 500 se lugtyd en R500 kontant gesteel. Die voorval is glo deur inwoners by die polisie aangemeld. Die betrokke beamptes is geïdentifiseer en is Sondag in hegtenis geneem nadat hulle vir diens aangemeld het. Die verdagtes sal Dinsdag in die Soshanguve-landdroshof verskyn.
Mahamba het gesê kennisgewings van skorsing sal aan die beamptes uitgereik word. Hulle sal sewe dae hê om redes aan te voer waarom hulle nie geskors moet word nie.
Sewe Tshwane-metropolisiebeamptes is die afgelope sewe dae in hegtenis geneem. Drie beamptes is in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van motoriste geëis het.
Ten minste doen iemand iets by die Metro om die vrot appels uit te gooi. Mooi so.
As hulle al die vrot appels uit gooi is daar nie n Metro mag oor nie
Sjoe hulle raak nou mak. Probeer nie eers meer anoniem bly nie.
Roei die gemors uit, sodat dinge in ons land kan verbeter! Vader weet, GENOEG IS GENOEG!
Ek stem saam. Hoe mak kan mens raak. Dit gee my die idee dat hulle voorheen weggekom het met die soort ding en gedink het hulle is onaantasbaar…dalk muti by een of ander sangoma gekry om hulle en hulle voeruie e beskerm.
As jy al die vrot appels uitgooi is daar nie meer n metro mag oor nie
Hoe kry mens misdadigers in die tronk?
Jy werf hulle as Polisie manne dan hoef jy nie speurwerk te doen want hulle maak hulself skuldig aan misdaad.