Vier Mpumalanga-ontsnaptes weer vas

Tshireledzo Makhadzi is steeds op vrye voet. Foto: SAPD

Tshireledzo Makhadzi is steeds op vrye voet. Foto: SAPD

Vier van die verdagtes wat Saterdagoggend uit die aanhoudingselle van die Acornhoek-polisiestasie in Mpumalanga ontsnap het, se vryheid was van korte duur nadat hulle Maandag weer in hegtenis geneem is.

Maroela Media het vroeër berig Tshireledzo Makhadzi (26), Sabatha Maboi (24), Prosperity Moeng (31), Floyd Mashaba (28) en Katekani Lubisi (25) het uit die selle ontsnap. Polisiebeamptes aan diens het omstreeks 05:00 die aanhoudingselle nagegaan en gevind dat die verdagtes ontsnap het. Drie ander verdagtes wat saam met hulle aangehou is, was steeds in die sel.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Maandag inligting opgevolg wat tot die inhegtenisneming van Mashaba, Lubisi, Maboi en Moeng gelei het. Makhadzi is nog op vrye voet.

“Die vier verdagtes sal binnekort onderskeidelik voor die Acornhoek- en die Bosbokrand-landdroshowe verskyn op die aanklagte waarvoor hulle oorspronklik in hegtenis geneem is, asook ʼn bykomende aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding,” het Hlathi gesê.

Hy het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting oor Makhadzi se doen en late om dit by lt.kol. Hanyani Mushwana by 082 469 1298 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

snoefie ·

ek weet die belangrikste is dat hulle weer aangekeer is. sou egter wou weet waar hulle aangekeer was.

Olga ·

hoekom is dit deesdae so maklik om uit die tronk te ontsnap?

Maria Van Dieweeck ·

Mmmmmm gewoonlik sulke “naweek” ontsnappings??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.