Vier ná ongeluk aangekeer oor ʼn huisbraak in Sandton

Foto verskaf deur SAPD Gauteng

Vier persone, tussen 25 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem oor ʼn huisbraak in Sandton ná ʼn motorongeluk op Kersdag.

“Die polisie het ʼn verdagte voertuig opgemerk en ondersteuning versoek waarna ʼn jaagtog gevolg het,” het kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die insittendes is voorgekeer toe die motor teen ʼn taxi gebots het. Die bestuurder en drie passasiers is in hegtenis geneem.”

Tydens die inhegtenisneming het beamptes beslag gelê op eiendom wat vermoedelik tydens die huisbraak gesteel is. Vier seinversteurders en huisbraaktoerusting is ook in die motor gevind.

Die persone sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van die besit van gesteelde eiendom, huisbraaktoerusting en ʼn seinversteurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.