Vier naby Kaapstad-selfoonwinkel aangekeer

Argieffoto

Argieffoto

Vier mense is naby ʼn selfoonwinkel in Tafelbaai in Kaapstad in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens.

“Hul betrokkenheid by vorige gewapende rooftogte word tans ondersoek,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, Sondag gesê.

Die vier persone is Vrydag in hegtenis geneem.

“Die polisie het ʼn aantal verdagtes agter die reeks rooftogte by winkelsentrums geïdentifiseer,” het Traut gesê. “Ons is tans op hul spoor.”

Traut het die publiek versoek om dadelik na vore te kom indien hulle enige bykomende inligting het om die inhegtenisnemings te bespoedig.

Die polisie in die provinsie het reeds 20 mense in hegtenis geneem wat verbind word aan rooftogte by selfoon- en juwelierswarewinkels sedert April.

ʼn Span speurders en misdaadintelligensiebeamptes is saamgestel om spesifiek te fokus op rooftogte by winkelsentrums. Traut het gesê dit wil voorkom of kriminele van hoërisiko-transitorooftogte en kitsbankrooftogte verskuif het na laer risiko rooftogte waar duur items gesteel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.