Vier onherkenbaar vermink in gru-botsing

’n Motor is Vrydagoggend heeltemal verwoes in die ongeluk op die N1 suid van Bloemfontein. Foto: ER24

Vier mense is Vrydagoggend dood en een beseer in ʼn trompop botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn motor buite Bloemfontein.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê hul paramedici en beamptes van ander nooddienste was op die toneel kort ná die ongeluk net voor 08:00 op die N1 sowat 40 km suid van die Vrystaatse hoofstad.

Hulle het ʼn vragmotor en die wrak van ʼn motor aan dieselfde kant van die nasionale pad aangetref. “Die motor is heeltemal in die botsing verwoes.”

Vier liggame, vermoedelik dié van twee mans en twee vroue, is vasgekeer in die motor gevind. Die liggame is egter onherkenbaar vermink.

ʼn Vrouepassasier van die vragmotor het geringe beserings opgedoen, is op die toneel behandel en toe na die Pelonomi-hospitaal gebring.

Meiring sê dis nog onseker hoe die botsing gebeur het, maar beamptes was Vrydagoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Theresa ·

Tragies.

Vroue passasier in die vragmotor? Was dit amptelik goedgekeur?

Alwyna ·

Eerste vraag wat ook by my opgekom het??? Laat n mens wonder…

Johnnie ·

As ek so na daai wrak kyk wonder ek net wat was hulle spoed.

marous ·

Die botsing het gebeur omrede een van die twee aan die verkeerde kant van die pad was . Daar is geen ander rede nie mnr meiring ..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.