Vier ontsnapte gevangenes steeds op vrye voet

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is steeds op soek na vier van die sewe verhoorafwagtende gevangenes wat Maandag uit die Lenasia-landdroshof se selle ontsnap het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ook steeds die omstandighede rondom die gevangenes se ontsnapping.

“Die gevangenes het reeds [Maandag] in die hof verskyn vir roof met verswarende omstandighede, huisbraak en diefstal. Daar word beweer die gevangenes het die polisiebeamptes wat by die hofselle gewerk het, oorrompel en die hoofdeur gebreek om te ontsnap. Hulle het verskyn vir misdade wat in Lenasia, Eldoradopark en Ennerdale plaasgevind het.”

Die gevangenes wat steeds gesoek word, is Johnson Leroy, Dumisani Selepe en Thabiso Sebelwane wat vir huisbraak en diefstal in hegtenis geneem is en Romeo Beukes, vas vir roof met verswarende omstandighede.

“Die polisie het ʼn span speurders en misdaadintelligensiebeamptes ontplooi om hierdie gevangenes op te spoor. ʼn Interne ondersoek sal ook gedoen word om te bepaal of die ontsnapping van hierdie gevangenes weens [polisie se] nalatigheid was of nie,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.