Vier ontsnapte Kruger-leeus weer gevang

Argieffoto. Foto: SANParks

Vier van die vyf jong leeumannetjies wat vermoedelik uit die Krugerwildtuin ontsnap het, is Dinsdagmiddag weer gevang.

Rey Thakhuli, woordvoerder van SANParke, het aan Maroela Media gesê die leeus is met ʼn verdowingspyl geskiet en op ʼn voertuig gelaai wat die mannetjies na die Krokodilbrug-omgewing geneem het.

“Ons is warm op die spoor van die ander een en hoop om hom voor sonsondergang te vang. Dit is nie ʼn maklike operasie nie. Die leeu is in ʼn suikerrietplantasie wat baie dig is,” het hy gesê.

Thakhuli het gesê daar word vermoed dat die leeumannetjies deur ʼn dominante trop uit die reservaat verdryf is. Hy het egter gesê dit is nog nie duidelik hoe hulle uit die reservaat gekom het nie.

Die vermoede bestaan dat hulle dalk deur die Komatirivier ontsnap het, aangesien die rivier laag is weens min seisoenale reën.

Maroela Media het vroeër berig inwoners in die Komatipoort-omgewing in Mpumalanga is gemaan om versigtig te wees nadat die leeumannetjies ontsnap het. Die leeus is Maandagoggend naby die kruising van die N4-snelweg en Manangaweg opgemerk. Die leeus het daarna glo verdeel en in verskillende rigtings in die suikerrietveld beweeg. Die leeus het blykbaar reeds ʼn koei vir prooi gevang.

SANParke-veldwagters, Mpumalanga-toerisme en die ander beamptes van die park en die Suid-Afrikaanse Polisie is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Piet Pompies ·

Die Valke is tans besig met ‘n ondersoek nadat 15 Blou bulle naby Loftus ontsnap het, die bestuur van die Blou bulle het kritiek ontvang omdat die ontsnapping nooit bekend gemaak is.
‘n Woorvoerder van die ontsnaptes het egter gesê dat die bulle nie so kan aanhou om te verloor teen die ander spanne.
Die Guptas is genader om die borgskap van die Bulle te verhoog ten einde nuwe spelers te trek.

Scalla ·

Die leeus het nie ontsnap nie, ook nie deurgebreek nie, slegs oor die grens gestap aangesien die drade gesteel is

Justice ·

Piet, Piet, Piet – `n mens spot nie met siekte nie, veral nie wanneer dit terminaal blyk te wees nie.

Eks 1 vd ontsnapte bulle ·

Ja Piet. Hoor jou! Ek en my mede 14(eintlik 22) bulmaats, het eintlik nie ontsnap nie. Ons is oppad na die Ackers se Leeuspan om aan hulle te verduidelik dat al maak jy wat ,geen ander span van Suid Afrika sal ooit die super beker wen(nie eens te praat van 3 keer nie) in n 100 jaar nie! Vir die Stromers en Sharkies stuur ons sommer n sms met dieselfde boodskap!

Hannah ·

Nou kyk nou net hoe skaak die ontsnapte jong Leeus die kommentaar na rugby! Als jou skuld Piet! Mossie… jy is sekerlik onderwyser?

CK ·

Nodeloos om te sê dat ek bly is die leeus is amper almal in hok. Lag ek lekker vir die kommentaar.

Dirk01 ·

As ek Sandra innie hande kry kan ons help om dai leeutjie te vang al wat jy doen is Sandra hou sy stert vas en een druk sy bek toe terwyl ek hom toe tape nes hulle op tv maak

VanAfrika ·

So bly hulle is nie dood geskiet nie, soos daardie bobbejaan jare terug in Alrode, suide van Johannesburg. Kon hom gedart het, maar nee, hulle moet mos dood skiet wat nie dood geskiet moet word nie.
Maroela Media, julle moet n “Breaking News” stig. Steve en Janine se baba ia bleikbaar gebore, iemand op facebook het n klip gekry, maar nerens op media sien ek dit nie. Ons wil graag weet wanneer sulke nuus breek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.