Vier op kleinhoewe beroof

gauteng-rooftogte

Argieffoto.

Die sakeman Wilfried Smekens (55) het Dinsdag ʼn skraapwond aan sy kop opgedoen toe gewapende rowers op die kleinhoewe in Benoni aan die Oos-Rand waar hy sy sakeonderneming bedryf, toegeslaan het.

Lt. Nomsa Sekele, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê twee mans wat met vuurwapens gewapen was, het omstreeks 15:30 op die onderneming toegeslaan terwyl Smekens, sy dogter en seun en ʼn gereelde klant daar was.

“Volgens die klant het die mans vuurwapens op hulle gerig en hulle gedwing om op die vloer te lê. Hulle is deursoek en van waardevolle besittings en ʼn onbekende hoeveelheid kontant beroof. Die seun het ʼn vuurwapen by hom gehad wat tydens die voorval by hom afgeneem is,” het Sekele gesê.

Sekele het gesê Smekens wou glo in ʼn stadium met die verdagtes onderhandel, waarna hy met die kolf van ʼn vuurwapen oor sy kop geslaan is. “ʼn Skoot is in die proses afgevuur. Die opslagkoeël het die slagoffer skrams teen sy kop getref.”

Die verdagtes het na die skoot afgegaan het van die toneel gevlug. Smekens is na ʼn hospitaal gehaas en is Dinsdagaand reeds ontslaan.

“Ek het ʼn helse hoofpyn en ʼn groot letsel om mee te spog, maar andersins is ek ongedeerd,” het Smekens Woensdag aan Maroela Media bevestig.

Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

m ·

Sjoe ma SA se kriminele is weer super bedrywig vandag. Lekker land hierdie, hier vat jy wat jy wil he.

Tiger ·

‘n Saak van Sakeroof??Magtig hoe word polisie dan opgelei in die land?Daar is ‘n skoot afgevuur (poging tot moord onmiddeik) e ‘n vuurwapen geroof (besit van ‘n ongelisensieerde wapen) dan kom hulle met sakeroof?Ag nee wat,hulle is ‘n spul patete!!Mense van Benoni kry vir julle ander polisiemanne!

Louise ·

En dan moet jy met jou handjies agter jou rug staan, want as jy jouself verdedig dan word JY aangekla en die skelms word teen jou beskerm.
BELAGLIK……

paul ·

Lees hoeka in die media dat die ANC ‘n geldtekort het vir hul verkiesing veldtog. Kan maar twee en twee bymekaar sit. Nog nooit gehoor dat enige minister of leier enige uitsprake maak teen misdaad nie.

PJ ·

Julle mense verstaan nie onse poeliste manne is nou so goed hulle gaan nou nie meer vir 2 jaar opgelei word nie maar nou net 8 maande nou wonder ek net as hulle so goed doen in 2 jaar dink net hoe effektief hulle gaan wees met 8 maande opleiding!!!!!

Eugene ·

BRING DOODSTRAF TERUG ONS AS SUID AFRIKANER MOET SAAM STAAN EN N PETISIE INDIEN DIT SAL ONS LAND N VEILIGE PLEK MAAK OM WEER IN TE WOON

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.