Vier op pad na begrafnis in ongeluk

Foto: Netcarre 911.

Paramedici en provinsiale nooddienste is Vrydag ontbied toe vier vroue in ʼn bakkie op pad na ʼn begrafnis in ʼn ongeluk betrokke was.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911 het gesê hulle is uitgeroep na ʼn toneel op die N3 by die Bethlehem-afrit in Warden in die Vrystaat.

“Dit blyk dat een bakkie aan die kant van ʼn tweede bakkie vasgery het,” het Botha gesê. Volgens hom sal die presiese oorsaak van die ongeluk deel uitmaak van die polisie se ondersoek.

“Een bejaarde vrou is ernstig beseer in die ongeluk en is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat sy na ʼn hospitaal in Harrismith vervoer is vir behandeling,” het Botha gesê.

Die ander drie passasiers het slegs geringe beserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

sug ·

En dit is nuus??? O ja, en ek wou die peiling invul maar ek sien dit is al Sondag…. Vrydag is al 2 dae gelede

dom ·

Ai ai. En jy is so vroeg op om so n nuttelose comment te los…….

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek is tevrede met Maoela nuus maar om darem vir ons te vertel van ‘n bakkie wat teen ‘n ander voertuig vassgery het sonder enige verdere kommentaar is regtig verregaande.

SARIE VAN HEERDEN ·

Kyk net na die foto van die beskadigde bakkie. Hoop niemand is dood in die ongeluk nie. En dit nogal VYF van hulle!

johann ·

Dit is belaglik om hieroor te berig. Daar is duisende sulke gevalle op n dag in ons land maar Maroele het seker niks anders om oor te berig nie nou vul hulle maar die spasies met snert

johann ·

En verwyder weer my kommentaar dan is ek ook klaar met julle snert

SARIE VAN HEERDEN ·

Hoop Maroela lees ook sommige van die simpel kommentaar wat soms net uit een woord bestaan en gee eerder vir ons meer nuus van die dag en dan redelike kommenaar daaroor.

Cherokee ·

Sarie, by vele van die kommentare pas jou beskrywing ‘kommenaar’ perfek! Netjies gesê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.