Vier op plaas doodgebrand toe gepeupel toeslaan

Verskeie mense is die afgelope ruk in Mpumalanga dood nadat mense reg in eie hande geneem het. (Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Vier mans wat daarvan beskuldig is dat hulle vee probeer steel het, is in die jongste voorval van gepeupelreg in Mpumalanga dood.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, sê volgens die polisie se voorlopige inligting is die vier mans Maandag gesien terwyl hulle glo bokke by die Ga-Matimpule-nedersetting, naby Vaalbank, op ʼn bakkie gelaai het. Inwoners van die gebied het hulle na bewering probeer stuit.

“Die mans het glo tydens die oproer skote op hulle geskiet, maar hulle is eindelik deur die skare oorrompel wat hulle glo ook aangerand het.”

Volgens Hlathi is die vier mans daarna in die Isuzu-bakkie aan die brand gesteek. Hulle het verkool en kon glad nie uitgeken word nie. Die polisie is Dinsdag na die toneel ontbied en het op die liggame afgekom.

Een van die inwoners is tydens die voorval gewond en ontvang tans hospitaalbehandeling.

In nog ʼn voorval moes die polisie ʼn dag tevore ʼn 40-jarige man van ʼn woedende skare red nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ʼn 34-jarige vrou naby Tonga aangerand het. Die man is dieselfde dag in hegtenis geneem en is onder polisiebewaking in ʼn die Tonga-hospitaal behandel.

Volgens Hlathi is hy Maandag aan sy beserings dood.

Nog twee mans verskyn Donderdag in ʼn afsonderlike saak in die Kabokweni-landdroshof op aanklag van moord nadat hulle glo verlede week ʼn jong man – wat hulle van diefstal beskuldig het – wreed vermoor het.

En in Mashishing (Lydenburg) is twee mans ook verlede week dood en nog twee in ʼn hospitaal opgeneem nadat hulle ook van misdadigheid beskuldig en aangerand is.

Genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiehoof in die provinsie, het sy diepe kommer oor die toename in voorvalle van reg in eie hande neem te kenne gegee. Hy het ook ʼn beroep op inwoners gedoen om voorvalle van misdaad by die polisie aan te meld.

“Om reg in eie hande te neem is ʼn strafbare misdaad,” sê Phahla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Pietertjie ·

Gaan die gepeupel ook met ywer gearresteer word soos die Piet Retief boere?

Tiptol ·

Dis vreeslik wreed, maar die mense raak moedeloos want die kriminele kom weg met als.

Werner ·

Dis maar wat gebeur as die polisie nie hulle werk doen nie.

andre ·

Ek stem met van die kommentare saam. As die polisie begin om polisie te wees en hulle werk doen, en die howe begin om die reg regverdig en neutraal uit te oefen, sal dit dalk die prentjie verander.

Henk ·

Ja as die polisie werklik uit hulle aircon bakkies uitklim om n situasie te hanteer sal dit nie nodig wees om reg in eie hande te neem nie. Die gereg is bitter vinnig om onskuldige mense te arristeer en aan te rand maar waar was die sogenaamde POLIESIE toe mense hulle nodig gehaad het, ops ek het vergeet om te se jammer julle ons is naby aan skof ruiling of ons eet eers klaar dan kom ons ok…. wees net geduldig.

Buks ·

As die polisie hulle werk beter doen sal die bevolking nie so raadop wees om reg in eie hande te neem nie.

Persheks Adri ·

Dit help nie eers om die polisie te bel nie, want STEEDS is hulle altyd laat of vol verskonings of daag eenvoudig nie op nie. Hoedeman jou mense man tsssk

Bernard ·

Nou wat anders verwag julle? Die polisie wil of kan nie meer wet en orde toepas nie en ongelukkig dink ek sulke goed gaan meer en meer begin gebeur totdat die polisie weer polisie word en hulle werk begin doen soos wat hulle moet.

Bella ·

As d gemeenskap geweet het dat daar n effektiewe polisiemag is wat na d gemeenskap se belange omgesien het, dan het jy nie hierdie tipe misdade gesien nie. D gemeenskappe, regdeur Suid Afrika, is moedeloos met al d misdadigheid. D polisie is nêrens.

Driekus ·

Mense neem reg in eie hande oordat hulle weet daar kom niks van as hulle dit aan die Polisie raporteer nie. Ook daar is baie meer media opskuddings as daar ‘n blanke boer betrokke is by so ‘n geval as wat in hierdie omstandighede gebeur. As hierdie brokkie nuus nie verskyn het nie sou ons nooit hiervan geweet het nie……

Aai ·

Kangaroo Court dit is nou maar so.Hulle moes hulle dag anderste beplan het.

Raakvatter ·

Die gepeupel vang die skelm, rand hom aan en polisie red hom (as hy nie dood is nie). Hy sal volgende keer 2 keer dink. VS Polisie vang die skelm, kry borg vir R500, gaan rustig aan met sy misdade.
Gepeupelreg is glad nie reg nie, maar ek dink almal in die land is al keelvol vir misdaad.

Frikkels ·

Solank die polisie so traak my nie agtig is, sal sulke voorvalle al meer en meer plaasvind. Die polisie moet uittree uit die politiek en hulle werk behoorlik doen.

Anel ·

Ek stel dit reguit: as dit nou ‘n blanke was wat dieselfde gedoen het was hy seker ook vermoor. Geweld, swart op swart is maar reg, lyk dit my, so ook geweld swart op wit. Maar oo, wee, blanke moet net nie skeef kyk na swart nie.

Johann ·

Nou wonder mens of die EFF ook so opgewonde by die howe gaan protesteer.

Celeste ·

Ek dink mense het glad nie meer vertroue in die polisie nie. En ongelukkig wys die polisie daagliks dat hulle niks aan sake doen nie. Misdadigers word toegesluit net om die volgende dag uit te kom en aan te gaan met hulle misdaad. Ons polisie is n grap!!!

john ·

Wat verwag hulle met n regstelsel wat amper nie meer werk nie

Piet parys ·

Soos dit in die land gaan word die kriminele beskerm deur die kriminele.

Erika ·

Dit is Nogal Ironies As dit Een van Minority Groep is word Hulle vining Gearesteer…en voorbeeld van gemaak en situasie gerieflik uitgebuit En om te gebrandmerk As” Rassisties .”.
Omdat die Gepeupel deel van sekere Meerderheid ras groep is Word Bloot gese “Dit is nie reg om reg in eie Hande te neem nie..”…Waar is die Regverdigheid ..daarin Is it All Life matters ….Tsk..

Jakes ·

Dir gebeur omdat die polisie nie vertrou kan word nie. Misdaad het 2 dekades terug al handuitgeruk.

Racheltjie Debeer ·

Thulani, miskien moet die polisie begin om hul werk te doen. Die “gepeupel” is gatvol vir onbevoegde, onsimpatieke, ongeskikte, onfikse, nikswerd polisie manne en vroue wat dink hulle doen mens ‘n helse guns om jou te help.

Eugene ·

Alles as gevolg van die polisie totale swak rekord en die feit dat meeste gevalle nooit in die hof verskyn nie

Willem ·

Die generaal-majoor is diep bekommerd maar die SAPD se totale onvermoë om hul taak te verrig is die oorsaak van wat besig is om te gebeur.

LANA is ELANè ·

Als danksy die SAPD se eie betrokkenheid by oa veediefstal, en hul onbekwaamdheid om geregtigheid te laat geskied in spoedige ondersoeke deur polisie wat nie omkoopbaar is nie, maar wel ‘n rariteit in die SAPD is. Mense vertrou nie die polisie of regstelsel nie, en juis daarom is hierdie boendoe howe aan die orde van die dag in baie gemeenskappe.

Sarel ·

Die Refering moet die boodskap duidelik kry die burgers is gatvol vir misdaad.

Madz ·

Nou wonder ek so in my enigheid…. wat is die verskil nou tussen die gebeure en gevalle soos die Coligny-, Piet Retief en noem maar op. HOEKOM is daar nie onmiddelikke arrestaties en polisie bewaking en optrede deur die publiek by betrokke nie? Jul weet wat ek bedoel…..

Althes ·

Waar is die EFF nou? Is hul te bang om te betoog teen die gepeupel?

Marcelle ·

Waar is al die oproermakers nou? Die bende kon nie vinnig genoeg opruk na Piet Retief toe nie, maar nou is hulle stil?

Tino ·

Dis maar wat gebeur waneer daar nie wet en orde gehandhaaf word nie.

Die politieke beloftes en versuim van aksie is ook ‘n groot bydrae. Nog nie gepraat van die SAPD wat eers die volgende dag ‘n verskyning maak.

Niklaas ·

Die wet van die oerwoud wat deesdae so algemeen voorkom , (reg in eie hande neem) werk duidelik baie goed in die woonbuurte . Mens hoor nie juis van baie inbrake en aanrandings daar nie. Die gemeenskap se optredes en eie straf uitdeling ontmoedig die meeste potensiële inbrekers en motordiewe. Daar is ook nie erge pogings van die polisie om dit te vervolg of teë te werk nie.

JohanCzu ·

Dis wat gebeur as die polisie nie hulle werk doen nie. Solank die polisie nie effektief met misdaad deel nie sal sulke gevalle toeneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.