Vier op teregstellingswyse in kop geskiet

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Vier jongmense is Dinsdagaand in Port Elizabeth in die kop geskiet en in ʼn veld vir dood agtergelaat.

Drie van die vier slagoffers is op die toneel dood terwyl die vierde persoon tans in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal is.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het die polisie omstreeks 22:30 Yoyostraat in Walmer gepatrolleer toe hulle op die vier mense in die veld langs ʼn gruispad in die gebied afgekom het.

Die polisie het by nadere ondersoek gesien dat al vier skietwonde aan die kop opgedoen het, het Janse van Rensburg gesê.

Twee vroue en een man het reeds gesterf. Die vierde slagoffer, ʼn vrou, het nog gelewe. Al vier is op teregstellingswyse geskiet, het sy verduidelik.

Volgens Janse van Rensburg is die motief vir die skietery in dié stadium nog onduidelik. Die moontlikheid van roof is reeds uitgeskakel aangesien die slagoffers se selfone op die toneel gevind is.

Een van die oorledenes is intussen geïdentifiseer as die 23-jarige Sinethemba Dumezweni. Hy was van Walmer, het Janse van Rensburg gesê.

Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om te help om die ander drie slagoffers te identifiseer. Die vrou wat oorleef het, was geklee in ʼn swart hemp, blou denim, rooi pet en grys New Balance-tekkies.

Die tweede oorledene het ʼn wit T-hemp, swart broek en ʼn paar swart Converse-tekkies ten tyde van haar dood aangehad, terwyl die derde oorledene ʼn swart hemp, blou denim en ʼn paar donkerblou New Balance-tekkies aangehad het.

Enigiemand wat die polisie met hul ondersoek kan help, word versoek om Willie Mayi by 082 697 5914 te bel of die naaste polisiestasie te nader. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

J ·

Dis erg, maar nogsteeds n meer menslike manier as hoe ons boere vermoor word.

Barries ·

Moet elke insident, of dit nou hier is of in NZ is, altyd teen plaasmoorde gemeet word? Kan jy nie net geweld en misdaad, waarookal, veroordeel nie.

sweis ·

Die verskil is ander lande het regte polisie en die slagoffer se aanvallers sal gestraf word,die teenoorgestelde is van toepassing in die PRSA.

Juliana ·

En oor 3 weke sak 10 000 mense op PE af vir die IRONMAN!! Daar was vroeer die week ook ‘n moord berig in PE. Ag nee, hoe gaan die buitelanders en ons plaaslike outjies veilig voel daar?

KaterinaKat ·

@Juliana – Niemand is Ooit veilig op enige plek in hierdie oorlog sone helhool SA nie. Wit mense het veral n teiken op hulle rug, maar Niemand kan veilig wees hier nie.

Branton ·

MM, jul het berig oor die mannetjie wat in NZ so geskiet het, maar nie n enkele woord oor die Islam, moslem, wat die 18de Maart 2019, 10 mense geskiet het in sy terreur aanval nie? PC Correctness of is dit nie sensational genoeg nie?

Patat ·

Nobody cares about what happened in NZ.
We are living in SA, not NZ!

humor ·

Maroela daar is sekelik baie mense wat hieroor, bogenoemde ingelig wil wees.

Branton ·

@Patat, okay, that’s fair, just remember your words when you want us to make the “world” see “farm murders” ne, and don’t forget about the election. Who cares about SA, we don’t live there.

Joey ·

Exaclty Branton, nou “we don’t care what happens in NZ, we live in SA” maar was dit nie Saffas wat so graag wil he ons moet die wereld bewus maak van plaasmoorde nie?? uhhmm so ons moet omgee wat in SA aangaan?!

Botterblom ·

@LINDA…Die Onse Vader (Gebed) leer ons so… Ek lees die kommentare met afgryse. EIE EK kommentare. 4 kinders geskied. Dankie Here dit nie my kind nie. Die arme ouers(maak nie saak wat gebeur het nie) Here help ons land en red ons kinders. Gee hulle n regverdige toekoms van werk, keuse en vryheid. Maak ons land gesond. Here laat U koningkryk kom en U wil geskied soos in die Hemel so ook op die aarde… AMEN

TN ·

Spook , nog langer __ vandat iemand die twak geskryf het en begin propageer het en dit sal nog so voortgaan totdat alle leuens en bangmaakstories deur die inligtingstegnologie aan die kaak gestel is .

willem Botha ·

Die polisie sal maar n privaat speurder moet aanstel om die saak te ondersoek.

Boerboel ·

Misdaad raak nou hoog in PE, Ek woon in die Oos Kaap , wou al soentoe verhuis maar bly nou eerder hier. Dis nie goed nie. Bendes dalk betrokke ?

George in Bloem ·

Die misdaad neem nou daagliks toe want al die misdadigers weet goed dat hulle kanse om deur die polisie,of beter bekend as kader clowns incorporated,aangekeer te word is byna nul. En boonop het enige persoon se lewe hier in Afrika se eie Wilde Weste spotgoedkoop geword. Hoe dan anders met ‘n parlement vol oud tronkvoels en wat vrot is van korrupsie? Watse voorbeeld stel dit tog immers? Nee wat,die ANC wat deur die Westerse wereld as SA se “redding” gesien is se ware kleure kom elke dag al hoe meer na vore en hulle ou beleide van “liberation before education” en “non-payment of services” is besig om hulle,en die land,HARD te byt daar waar dit seermaak. Viva comrades. Well done. You should be so proud. Spul narre.

Blommie ·

Ag PATAT, ek wil dit lees.
Dis nogsteeds mense en baie in SA word geraak, veral die met familie daar.
Almal lewe nie in grotte nie

bea ·

daar is familie en vriende van baie van ons in NZ en orals in die wereld so as jy nie die nuus wil weet nie moet dit nie lees nie!!! Almal wil altyd he die wereld moet weet wat hier aangaan so asb bly stil.

Spokie ·

Nou wonder ek hoekom word daar nie
apartheid geskree nie. Alles is mos aparthei se skuld. Maar met apartheid was daar krag paaie wat nie gate inval en dat ons voertuie op hope breek nie. Ek stem baie dinge was in apartheids jare nie alles reg nie, daarmee stem ek saam. Maar hospitale het gefunksioneer asook skole. Die rede mense is aangestel wat bevoeg is vir die werk. Deesdae is bitter min bevoeg maar einde van die maand n vet tjek vir die nuutste kar op die mark. Noudat die paw-paw die fan (strike ) is dit die gewone mense wat bars om deur te kom wat moet betaal. Waar is die spul vet katte nou. Die vraag wat pla word ALMAL OOR DIE SELFDE KAM GESKEER met beurt krag od word sekeres bevoordeel en jan alleman word gestraf Dit maak my siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.