Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in die provinsie, het gesê die bus het Donderdagaand pasiënte van die Ngwelezane-hospitaal na die Ekombe- en Nkandla-hospitale vervoer.
“Al wat ons weet is dat dit gure weer was… dit het gereën,” het Dhlomo gesê. “Drie pasiënte is op die toneel dood verklaar. Die ander pasiënt is later by die hospitaal dood.”
Volgens die provinsiale gesondheidsdepartement is ses pasiënte kritiek beseer, 10 het ernstige beserings opgedoen en 40 mense het ligte beserings opgedoen.
Dhlomo het sy meegevoel betuig met die naasbestaandes van die vier pasiënte wat in die ongeluk oorlede is.