Vier pasiënte sterf in Nkandla-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vier vrouens is in Nkandla, KwaZulu-Natal dood nadat ʼn bus wat pasiënte van een hospitaal na ʼn ander vervoer het, in ʼn ongeluk betrokke was.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in die provinsie, het gesê die bus het Donderdagaand pasiënte van die Ngwelezane-hospitaal na die Ekombe- en Nkandla-hospitale vervoer.

“Al wat ons weet is dat dit gure weer was… dit het gereën,” het Dhlomo gesê. “Drie pasiënte is op die toneel dood verklaar. Die ander pasiënt is later by die hospitaal dood.”

Volgens die provinsiale gesondheidsdepartement is ses pasiënte kritiek beseer, 10 het ernstige beserings opgedoen en 40 mense het ligte beserings opgedoen.

Dhlomo het sy meegevoel betuig met die naasbestaandes van die vier pasiënte wat in die ongeluk oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.