Vier plaasaanvalle in vier provinsies in twee dae

plaashek-pexels

Foto: Pexels

Daar was vandeesweek vier plaasaanvalle in vier verskillende provinsies in slegs twee dae.

In die eerste aanval is Dries Minnie Dinsdag per helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem nadat hy tydens ʼn aanval op ʼn plaas buite Brits in Noordwes geskiet is. Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 17:00 op ʼn plaas in die Assen-distrik plaasgevind.

Talane het gesê vyf mans het na bewering toegang tot die huis verkry en vuurwapens by Minnie en sy vrou geëis. ʼn Struweling het tussen die man en die aanvallers ontstaan en Minnie is in sy maag geskiet. Volgens Talane het die aanvallers ʼn pistool, ʼn haelgeweer en ʼn selfoon geroof voordat hulle te voet gevlug het.

In die tweede voorval is Willem van der Merwe (56), sy vrou en hul dogter in hul inloopkluis toegesluit nadat Van der Merwe in die been geskiet is tydens ʼn plaasaanval op die plaas Driehoek tussen Secunda en Bethal in Mpumalanga.

Willem en Nicoleen van der Merwe. Foto: Facebook.

Henry Geldenhuys, voorsitter van TLU SA se veiligheidskomitee, het aan Maroela Media gesê daar was glo vyf verdagtes betrokke by die voorval. Die groep verdagtes het die gesin vermoedelik Dinsdag kort voor middernag aangeval.

Volgens Geldenhuys het die aanvallers ook gedreig om hul 19-jarige dogter, Zelmarie, met ʼn strykyster te brand. “Hulle het Willem, Nicoleen en Zelmarie in die instapkluis toegesluit en met Willem se Ford-bakkie van die toneel gevlug,” het Geldenhuys gesê.

In ʼn ander geval is ʼn man (64) Woensdagaand op sy plaas, Tatoon, in die Bulwer-omgewing in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die man se liggaam is Woensdag omstreeks 19:45 gevind. Hy het brandwonde oor sy hele lyf gehad.

Die polisie is Woensdagaand voor middernag na dié afgeleë plaas ontbied nadat die man se vrou ná ʼn uitstappie tuis gekom het. Sy het met die intrapslag by die stoep bloed teen die vloer en muur gesien, en toe die polisie en beskermingsdienste van die omgewing ontbied. Sy is deur lede van die beskermingsdienste na ʼn veiligheidshawe geneem en het nooit haar man gesien nie.

Volgens die polisie het die man glo op sy stoep gesit toe ʼn onbekende aantal mans hom omstreeks 19:00 oorval, in die huis in gesleep en aan die brand gesteek het. Brett Deavin, direkteur van die bergbeskermingsdienste-groep wat eerste op die toneel was, sê die verkoolde oorskot van die man se liggaam is iets wat hy “nog nooit voorheen in sy lewe gesien het nie”.

In die vierde aanval in Roossenekal in Limpopo is ʼn plaaseienaar se vrou en hul huishulp Dinsdag deur ʼn gewapende verdagte aangehou op die plaas Remhoogte. Hy het geld en vuurwapens geëis. Kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou het uit vrees vir hul lewe die kluis se sleutels aan die man gegee en hy het albei vroue vasgebind aan hul hande en voete.

“ʼn .38-rewolwer en patrone asook drie selfone, ʼn skootrekenaar en juwele is tydens die aanval gesteel,” het Seabi gesê.

Agri SA het intussen gesê plaasaanvalle en die gebeure in Coligny in Noordwes skaad Suid-Afrika se beeld. Kobus Breytenbach, voorsitter van Agri SA se landelike beveiligingskomitee, het gesê dit frustreer Agri SA en die boerderygemeenskap dat boere steeds die teiken bly van kriminele elemente wat nie die belangrike rol van boere en plaaswerkers besef om in die land se voedselbehoeftes te voorsien, asook die bydrae wat hulle lewer tot landelike ontwikkeling en stabiliteit nie.

“Die kwesbaarheid van die boerderygemeenskap bied geen regverdiging vir aanvallers om die gemeenskap voortdurend te teiken sonder die besef van die belangrike rol wat die gemeenskap tot die vooruitgang van die land en sy mense vervul nie. Landbou en diegene wat in dié bedryf werk en woon, is ʼn bate vir die land wat tot elke prys beskerm en ondersteun moet word om te help om die doelwitte van die Nasionale Ontwikkelingsplan te verwesenlik,” het Breytenbach gesê.

Hulle meen plaasaanvalle word uitgevoer deur kriminele elemente wat slegs selfverryking nastreef en nie waarde heg aan menselewens nie. “Agri SA doen ’n dringende beroep op die polisie om alles in hul vermoë te doen om die aanvallers so spoedig moontlik aan te keer,” het Breytenbach gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Petrus ·

Wat help aankeer word gevonnis 5of bietjie meer jaar oor n jaar kry hulle parool en moor voort

al ·

Selfverryking ja.
Gierigheid en te lui om te werk, ja daarom steel ek ander se hardverdiende eiendom.
Marteling en doodmaak – wat is die motief daaraan?
In Amerika en elders word sulke barbare lewenslank toegesluit sonder parool. Waarom nie hier nie?

Jean ·

EK is nou nie een vir samesweringsteoriee nie. Maar as julle kyk na die voorgestelde wet op grondonteieining lei dit as volg, ‘n blanke plaaseienaar mag sy eiendom eers aan die staat aanbied as hy hom verkoop, en dan aan ‘n swart persoon. Hy MAG NIE DIE PLAAS laat vererf na familie nie, en hy MAG dit nie aan ‘n witte verkoop nie. Dit is mos nou voor die hand liggend. MEESTAL word die boere vermoor . so af en toe escape die vrouens maar die mans word voor die voet vermoor .. so .. daar bestaan ‘n 80% kans dat die vrou die eiendom gaan verkoop en nie op die plaas aanbly nie, druk hulle dus die wetgewing deur .. is dit die maklikste manier om die plase te bekom . DINK TOG bietjie alhoewel die libbies nou sal verskil .. verstaan hulle nie so lekker nie, want gewoonlik bly die libbies nie op plase nie . …

Juanita ·

Ek is ook van mening dat hulle die plase beroof vir die wapens. Hule is besig om soft targets te teiken vir die bekom van wapens. Alle boere het gewere. Of dit is om n siek dier uit te sit of vir ”veiligheid”. Vraag is: hoekom versamel hulle so verskriklik wapens? Waar gaan dit? Vir wie werk hulle? Ek verstaan die land grabbing teorie ook, maar is meer besorg oor die skade wat hy met n klomp wapens kan aanrig, as wat hy met grond kan.

Pieter ·

Wat my ook bekommer is dat by omtrent al die gevalle die boere se wapens gesteel word. Wat is die waarde van die wapens vir die boere as dit telkens uit kluise onder dwang gesteel word? Hierdie wapens word later vir verdere misdaad gebruik. Hoe beskerm n boer sy familie met wapens in n kluis.

antonie ·

dit het my ook opgeval dat die ‘gun’ in die kluis was, die handwapen behoort ‘bedek’ (nie oop en bloot nie) gedra te word bedags, vrou in die huis moet ook toegang he tot pomp aksie haalgeweer of pistool, sy moet nooit te ver van wapen af beweeg nie

Lee ·

Ek stem saam met jou Jean wat jy sê maak sin as mens na die groter prentjie kyk.

Siek en Sat ·

GAANDIT OOIT EINDE KRY…!!!!!!!GENOEG IS GENOEG SIRKUS NARRE….URG

Johanna ·

Skokkend. Skrikwekkend. Boere wees meer paraat. Hartseer. Dit behoort heeldag en aldag oral oor die land se tv kanale en nuus aangekondig te word. heeldag en aldag. maar niks!!!

Elsa ·

nou wonder mens of die president hom doof en blind hou….hierdie gruweldade moet stop…
sit al die hooggeplaastes vir 2 weke in gebiede waat daar nie wsyer en behuising is nie….dalk verstaan hil

Gatvol ·

Ek verstaan nie, hoe kry hulle dit nogsteeds reg nie!
Almal weet mos nou al wat aangaan.
Baie van die ouer boere was sekerlik in die weermag? RAAK paraat, hou jou wapen naby, kry vroë waarskuwing sisteme in plek…soos klein hondjies in die huis ens.
Mede volkgenote, raak weerbaar!
Hou op met die gedagte van ” ag dis baie rustig hier, hier was nog nooit moeilikheid nie”
………praat, soebat, “beroep doen” laat die polisie hul werk doen gaan nie help nie……..ons regstelsel lek die krimineel se $%&.
Hulle vrees nie die afgewaterde strawwe nie……
Hoeveel moet nog bloei?

al ·

Dis alles waar wat jy sê: Boer en gesin moet nie jou eie grootste vyand raak nie! Ons bly nie in Lala Land nie.

Gielie ·

Klein hondjies in die huis is niks vir n groep van 8-12 wat inkom nie, kan mos nie deur die dag 1 on 1 doen nie, sal in die aand met n groep van 6+ “mense”

Gatvol ·

Gielie,
Die klein hondjies is nie om hulle te byt nie, daarvoor hou jy boerboele aan, hulle is daar om n lawaai te maak, sodat jy wakker kan word, voor hulle jou aan die groot toon wakker skud…….

Www ·

Die plaasaanvalle sal nie stop nie. Ons wittes kort n leier wat ons in die rigting kan indruk om onsself te beskerm en bewapen en wat vir die jonger mense opleiding kan gee voor hulle militere opleiding uitsterf,,, grootste uitdaging is dat ons moet saamstaan maar dit gebeur eers as almal se rue teen die muur is

humor ·

Die boodskap en noodsaaklikheid om paraat te wees moes al jare gelede soos n velbrand onder ons boere versprei het en paraatheid moes al lankal algemeen gewees het. maar dit is kompleet of daar n onverklaarbare onwilligheid en verlamming oor hulle toegesak het. Kan daar dan nie n drastiese organisering van distrik tot distrik plaasvind nie. Daar is al hoeveel maal beveiligings beraad gehou, maar dit blyk net n gepraat te wees.

jaco ·

so daar was nou aanvalle en moorde. so wanneer kry die aanvallers nou die grond van die boere wat dood is?

Heleen ·

Asb mense! Bewapen julself! En dra jul vuurwapens 24 uur aan julle!

Fly on the wall ·

Dit is te sê as jy ‘n lisensie kan kry..nie meer so maklik

Boston ·

Net so Louw en Bees. Presies net so Lora, maar die mense glo eerder vir Angus as die Woord van God.

Peet J ·

Volgens Matthëus 10 vers 34 tot 36 wil dit voorkom of Jesus se toespraak alreeds werklikheid begin word het. Indien dit wel die geval is wonder ek wie voordeel daaruit gaan trek.

Johann ·

Daar is mos baie meer plase as wat daar dae in die jaar is. Of hoe redineer ek nou?

Michelle ·

Dit maak nie saak as J̶̲̅ÿ jou wapen ƁӰ jou dra of paraat °̩s nie, die boewe slaan vroeg oggend of helder oor dag oOk toe, kom soek konsuis werk of n skaap op te koop hulle °̩s altyd meer as 3 ȇȠ hulle wapens °̩s klaar oorgehaal, J̶̲̅ÿ mag nie net jou wapen uithaal of rig nie maar die krimele word beskerm. J̶̲̅ÿ moet ƁӰ jou plaashek ingaan ȇȠ uitgaan ȇȠ engige jan raap ȇȠ sy maat mag loop ȇȠ maak net ϖӐȾ hulle wil. Dit betaal in suid afrika om n krimeel te wees as J̶̲̅ÿ dalk gevang word kan J̶̲̅ÿ nog gratis leer in die tronk oOk!

Kobus ·

Wat help al die gepraat wanneer word daar iets gedoen? Gaan ons wag tot dit the laat is? Waar is die mense wat namens die boere in die regering praat. Die voorvalle word aangemeld en raak daarna net n statistiek. Van wanneer AF het ons Afrikanervolk so tevrede geraak om so geboelie the word????

Bees ·

Ek dog alles sou verander en wonderwerke sou gebeur na oom aartappel se party

Valie ·

Daar is nie n politieke oplossing vir die boerenasie nie. Die oplossing is sosio-ekonomies van aard. Aanvaar eerstens dat daar nie n enkele een van ons is wat NIKS kan doen nie. Al dra elkeen net R40 per maand by tot die organisasie/fonds van sy of haar keuse… of versprei n meer positiewe boodskap wat elemente van n oplossing bevat… daarby moet alle energie, tyd, fondse en hulpmiddele NOU gefokus word om die volk met verdrag oor die volgende paar dekades in n omgewing met potensiaal vir volkskonsentrasie en selfbeskikking te hervestig. Maak dit n projek en proses oor die volgende 20 tot 40 jaar. Dink aan die suid kaap vanwaar die groot trek ontstaan het en doen die groot trek in tru-rat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.