Vier plaasmoorde in 48 uur: Mbalula se ingryping geëis

Argieffoto

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag die dringende ingryping van Fikile Mbalula, polisieminister, geëis nadat vier plaasmoorde in die afgelope 48 uur gepleeg is.

Piet en Tilla van Zyl is Sondag naby Immerpan in Limpopo vermoor;
Arno Niehaus is Sondag naby Maanhaarrand in Noordwes vermoor; en
Anton Smuts is Sondag naby Kinross in Mpumalanga vermoor en aan die brand gesteek.

In ʼn skrywe aan Mbalula het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, ʼn dringende afspraak met Mbalula aangevra om die polisie se ingesteldheid teenoor plaasmoorde met hom te bespreek. Roets sê dat AfriForum se lede daaroor bekommerd is dat Mbalula hom nie op plaasmoorde toespits nie, omdat dit nie sy politieke agenda steun nie.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, doen ʼn beroep op die publiek om meer paraat te wees en om by gemeenskapsveiligheidsnetwerke in te skakel.

Intussen het die VF Plus gesê die vlaag van landwye plaasmoorde en -aanvalle, veral die afgelope paar weke, maak dit toenemend ʼn saak van dringendheid dat boere moet aansluit en inskakel by hul landbou-unies se veiligheidstelsels.

Luidens statistiek van die TLU SA, was daar vandeesmaand al 23 aanvalle waarin ses mense dood is, en 277 aanvalle die afgelope jaar waarin 55 mense dood is.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê hy gaan ʼn skrywe aan al die landbou-organisasies rig om ʼn bepaling te doen van hul finansiële en ander behoeftes soos toerusting ter beveiliging van boere, waarna hy die regering sal nader om finansiële ondersteuning te gee aan hierdie organisasies se ondersteuningstelsels.

“Indien die regering werklik ernstig is oor voedselsekerheid en die bekamping van plaasmoorde sal hy hierdie behoeftes moet begin steun aangesien die polisie se landelike veiligheidsplan duidelik nie die mas opkom nie.

“Die omstandighede op plase vereis dat boere en hul gesinne veiligheidstelsels vinnig moet kan aktiveer in die geval van ʼn aanval.

“Daar was al gevalle soos in Bothaville in die Vrystaat en Wolmaransstad in Noordwes waar bewys is dat hierdie stelsels baie doeltreffend is en waar plaasaanvallers in hegtenis geneem is voordat die inwoners leed aangedoen is.

“Ek doen daarom ʼn beroep op veral boere om aan te sluit by hierdie veiligheidstelsels. Ek doen ook ʼn beroep op politici, veral oor die grondkwessie, om hulle te weerhou van opruiende uitsprake wat gemoedere teen plaasboere kan beïnvloed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Die regering voel vere vir die boere nie. Solank hulle net aan bewind kan bly is hulle tevrede. Solank wittes vermoor word is hulle tevrede. Solank ons sportspanne verloor is hulle tevrede, daar moet net genoeg kwotas in die spanne wees!
Steve Hofmeyr het ten minste die guts om vir die boere op te kom en die plaasmoorde aan te spreek. Ons Afrikaners word UITGEMOOR in ons eie land! Dis ONS land hierdie net soos dit ook ander bevolkingsgroepe se land is. Ons het niks gesteel nie en is niks aan enigiemand verskuldig nie! Maar die plaasmoorde moet STOP! NOU DADELIK!

Jacques Venter ·

Elke liewe dag word die storie van die twee boere wat die man in n kis dwing herhaal. Ek kan dit al toe oë sien.

MAAR DIE MOORD OP BOERE KRY GEEN DEKKING NIE

Lukie Carelsen ·

Elke jy is 100% korrek. Die regering voel net vere vir die boere, soos ek hierbo gese het. Ek is jammer om te se, maar ek dink die enigste uitweg gaan wees dat ons SELF iets hieromtrent moet doen, want ons kan NIKS maar NIKS van hierdie ANC “regering” verwag nie. Ons staan alleen!

msp ·

Dit is die media se skuld. Ons sal moet harder skree en lawaai maak sodat ons ook nuuswaardig word….

rox ·

Hulle stel nie belang in plaasmoorde nie maar mors hulle tyd met twak soos die Spur en KFC geval wat kwansuis rassisties was. Dit maak my keelvol punt.

Elke Janse van Rensburg ·

Verstaan die mense nie dat hulle besig is om die hande wat ons almal kos gee, uit te moor nie?!?!

Ouman ·

Die regering het geen wil of plan om plaasaanvalle te stop nie. Mens kry moes kos by KFC of by die supermark. Boere sal self moet plan maak want hulle is aan genade van misdadigers oorgelaat. Die agbare minister is maar net nog ‘n kader wat meer belangstel in sy sosiale profiel as in die veiligheid van sy “onderdane”.

Chilli ·

Ja jy is reg ouman hulle se mos not to worry we will buy food at checkers hehe

Michael ·

As jy te bang is om die probleem te identifiseer hoe gaan jy dit oplos?

Paul ·

Ons sal egter julle eers kans gee om Mej Engels te help voor daai 10 punt plan…… ontspan

Rodger ·

Die witman in SA sal n kopskuif moet maak en ‘n slag uit sy ruggraatlose milieu moet padgee. Ou mense en kinders se lewens word verwoes deur n slagpatgenerasie wittes. Dit is duidelik dat die witman agteroor sit en maar net hoop die moeilikheid gaan sy huis verby. Daar is wel diegene wat bereid is om te veg, maar hul word mos verkwalik deur diegene wat fatalisties hul lot afwag.

Christie ·

Nou wil ek graag by julle hoor ons almal aanbid n Almagtige God en onse Jesus wat vir ons sondes gesterwe het en opgevaar het en sit aan die regterhand van Sy Vader en belowe ons gaan veilig wees soos ons bid en Sy pad volg ek worstel want waar is God en Jesus nou? Die boere word afgemaai en wreed gemartel nadat hulle bid en van die kerk af kom?

André ·

Ons weet nie nou hoekom nie, maar sal eendag weet. Geloof vrywaar ons nie van dinge soos inbraak, moord, siektes, dood ens nie. Selfs Stefanus was gestenig vir sy geloof, Johannes die doper se kop is afgekap en Petrus is gekruisig. Ons moet net ons oog hou op God terwyl ons die eindtyd nader.
Ek is nou al 1 jaar sonder werk en het ‘n huis en uitgawes wat ek moet betaal elke maand. Ek weet nie hoekom die regte werk nie opdaag nie, maar ek vertrou God sal my bystaan en deurdra. Dankie Here!

danie ·

Daar is net een uitverkore volk, die Jode,..en hulle is nie eers Christene nie. Laat mens dink né.

Andre ·

@Christie en Andrea, julle worstel met die vraag waar God nou is, hoekom keer Hy nie hierdie dinge nie? Begin worstel met die vraag waarom die mense God verlaat het en allerlei afgode, waarvan geld die grootste is, aanhang. Mense gaan Kerk toe ja, ongelukkig by baie (of dalk die meeste van hulle) is God tweede of laer op die lys – geld is eerste. En julle verwag God moet daarmee tevrede wees?

Ballingskap ·

Moenie die hemelse Vader bevraagteken nie, ons moet na onself kyk..
Ek sê nie dat die boere wat uitgemoor word ongelowig is nie maar ons Afrikaner kultuur het heidens geword..
Ons doen en leef nie meer volgens Sy wil nie..
Bv. Ons luister na ‘n” spottende moffie” op radio terwyl ons, ons kinders skool toe ry en lag lekker saam , wat ‘n gruwel is in Sy oë.. Luister bietjie na die woorde ons musiek en die laster op DSTV nie te praat van die Sport god rugby nie!
Ons het heeltemal verwêrelds..
Hy sal nie ons gebede aan hoor as ons in sonde bly volhard nie, ons moet volgens sy Woord leef en ons kinders daarvolgens opvoed, kyk na julle voorvaders hulle was gelowig en het dit geleef.. Geloof saam met die werke.
Danie gaan lees jou Bybel die Jode is juis ‘n goeie voorbeeld deur die jare as bewys wat gebeur met ‘n volk wat afvallig raak!
Ons moet eers terugkeer na God voor dit sal beter gaan, daar is geen kits oplossings nie, dis onbybels!

Willem ·

Vader se self aan die einde van dae sal dit weer wees soos in die tyd van Noag.dit se alles

Steenkool ·

As iemand vir een oomblik dink dat Fikile sy aandag hier aan gaan gee maak daai iemand n groot fout. Hierdie moorde is in opdrag van die ANC. Daaroor voel ek bitter sterk.

Chilli ·

Ons aanbid onse God van liefde en genade ons en onse boere lees elke dag van God en Jesus met soveel genade en liefde waar is dit? Ek worstel

Frik ·

Het ‘n vermoede dat Piet & Tilla van Zyl deur renosterstropers vermoor is. Die feit dat hul met renosters geboer, en van die renosterhoring verkoop het, was nie goeie nuus vir die stropers nie. Hierdie voorval sal (hopelik)vir Mnr Hume, van Klerksdorp, sy veiligheid laat opskerp.

Andrea ·

Baie interessant. En as dit maar net soos nog een van die daaglikse plaasmoorde lyk, sal niemand moeite doen om agter die kap van die byl te kom nie…

Swartkat ·

Ons land is soos die TV se sepies, jy kan ‘n week se episodes mis maar jy weet dit word elke 10 keer herhaal so jy mis eintlik niks

popye ·

Ek lees, voel en beleef hopeloosheid! Daar is nie woorde nie. Sonder om een plaasmoord uit te sonder as erger as ‘n ander een; waarom ‘n boer in sy bakkie gooi en die bakkie aan die brand steek met hom daarin? Ek reken hierdie land se morele kapitaal is op, daar is nie meer nie. Vir al die Apartheidsjare se onregte voel hulle daar is geen genade nie. Vir al die wrede vergeldingsdade voel ons ook daar kan nooit ooit weer versoening wees nie. Die morele kapitaal is op, gedaan, kapoet, die laaste kanse is verby, verspeel. Ons koppe hang, jy kan net soveel vat. Selfs al word radikale prosesse in plek gesit om hierdie gru-moorde te stop wil ek my verstout om te se dat te veel mense te veel seergekry het om ooit te vergeet….ooit! Wat nou?

Johan ·

Wel elke mens wat ek mee praat(boer of sake mane) is gatvol en ons almal stem oor een ding saam iets moet van ons kant gedoen word niemand anders nie jy jouself

Chilli ·

Jip johan wapen heeltyd oor jou skouer kyk kanni eers waag om uit jou huis te gaan sonder n wapen nie

Andrea ·

Ons kort n leier. Ons is leierloos in hierdie donkerste tyd van ons volk se bestaan. Sonder n De la Rey, n De Wet, n Andries Treurnich. Hoe absoluut tragies!

Akkoord ·

Hoor-hoor, Andrea! Ek en my kollega praat juis vandag oor presies dieselfde ding. Geen leier – tensy slim mense agter die skerms besig is met ‘n meesterplan (mag dit so wees!) – maar net weer herhaaldelike bewyse dat Eendrag Maak Mag heel ironies nog altyd buite ons volk se bereik gebly het. Ek kan dit nie bekostig om êrens heen te gaan en oor te begin nie. Ek kan soos Chilli en kie ook net aanhou worstel. Op my knieë. En ek bid vir ‘n ware, slim, dinamiese leier wat ons volk deur Christus, uit ons barbaarse Egipte na ‘n Kanaän sal lei. Mag dit so wees.

Cherokee ·

Andries Treurnicht wat die regse stem verdeel het deur die HNP te opponeer? Dink weer.

Deon ·

Kerk toe gaan en bid gaan hul nie stop nie, net n patroon in die kop sal. Niks fout met ons geloof nie, inteendeel dink ek nie God verwag ons moet agteroor sit en uitgemoor word, soos wat sommiges hier glo nie.

Glo en vertrou net in n kopskoot, as landsburger het ons almal die reg op lewe, en die Wet bepaal ons het die reg tot selfbeskerming, selfverdediging.

Terloops ·

Ons het ‘n Leier, ons probleem is ons glo in Hom maar ons ken Hom nie meer nie, gaan lees jou Bybel, Israel het ook ‘n leier gesoek en toe kry hulle vir Saul en so paar swaar jare..
Keer terug na die Vader en hy sal ons Leier wees, as ons weer ‘n menslike Leier moet hê sal Hy vir ons ‘n “David” kies.

Werner ·

Dit help nie julle verkwalik God nie Hy het jou n gesonde verstand gegee gebruik dit of moet Hy jou hele lewe sit en opstaan ook vir jou beheer kry n wapen kry opleiding en kyk na jouself God help mense wat bereid is om hul kant ook te bring

Babsie ·

Ons dien n Hemelse Vader wat op Sy tyd uitkoms sal gee. Hou net aan om te smeek vir genade . Hy is al Een wat se woord betroubaar en waar is. Kom ons bly op ons kniee

Pastoor ·

Ek lees daars mense wat vra waar is God. God se oë sien al hierdie dinge. Hy sal al hierdie gruweldaders laat boet. Ek ry gister verby groot kerke wat al jare bestaan. Dan sien ek 15 of 30 karre staan. Die meeste kerke het nie meer aanddienste nie. Ek dink miskien gaan 10% mense kerk toe. Waar Vader vra is waars diecware aanbidders. Diecwat Hom in siel en waarheid aanbid. Ek weet my artikel sal geplaas word nie. God sien ditbook

Bynaam ·

Die kerk self het sy mense verraai vir die geld god. Die meeste kerke is deesdae geld beheb. Dit gaan lankal nie meer oor God in die kerke nie maar hoeveel geld gemaak is in die kerk en hoeveel geld gekry is van die lidmate. Ek praat uit ondervinding.

Catryn ·

Ons menseregte word daagliks geskend

Ons moet ons eie onafhanklik soewereine gebied kry …. niemand gaan dit vir ons kry nie
Selfbeskikking/self-determination en
Sluit aan by Front Nasionaal

VJG ·

Ja… GEEN boere, GEEN kos(pap ingesluit)!!! Ons gaan ongelukkig almal sukkel en klippe kou tot “………..” (vul maar die spasie met jou eie woorde) vrek van die honger!!! Dis BITTER hartseer & jammer dat soveel onsuldiges moet sterf weens onkunde en politieke galg…

Jay ·

Suid Afrika is die 4 grootste sekuriteits komplex in die wêreld, wat 800 000 met privaat sekuriteits personeel, waarvan 450,000 aktief is. Dis meer as die 150,950 SAPD en 63,400 SA weermag personeel saam. Anyway bring terug die Kommando systeem wat Mbeki “ge-disband” het in 2008 of rig op “Rural Self Defense Units”. Ag wat al wat ek en ons almal kan doen is maar net praat en praat en praat, dis mos maar die maklikste om net te kerm en kla

anna ·

Wat hier aangaan, skreeu in stilte ten hemele. Hierdie gebeure moet dringend, sorgvuldig en pertinent in SA, maar ook wêreldwyd bekendgemaak word. Nie almal lees MM nie. Die ware feite moet van alle dakke af verkondig word op alle denkbare maniere deur alle denkbare stemme en middele. Elke plaasaanval, elke moord, elke daad van wreedheid moet luidkeels uitgebasuin word, want die boosheid verwoes volskaals voort in duisternis.

Bewapen ·

Ja verkoop daai playstation en skaf n wapen aan gou moontlik. Een van die dae gaan wittes se lisensieaansoeke afgekeur word!

Meatloaf ·

Die land sneuwel, maar die Burger spandeer helfde van sy voorblad op WP spelers in hul onderbroeke!! Dan vra almal, waarom geen skouer van die Wereld om die moord en doodslag in Suid-Afrika te wil erken nie. Omdat julle media dit nie eens erken nie!!!!!!!!!!!

Nicolise ·

Ek stem saam met Pastoor. Almal is so besig maar daar word net bohaai gemaak as iets gebeur. maar wanneer daar op ‘n Sondag moet kerk toe gegaan word dan is het meeste mos ‘n verskoning. Ons kan nie net wil vra waar is God as dit sleg gaan nie. Dit maak ons almal woedend oor wat gebeur. Ek dink ons moet meer mense saam trek kerk toe en harder bid.

Willem ·

As die kerk begin waarheid praat sal mense terug begin gaan

Ballingskap ·

Ja nee Willem ons sit tussen twee vure, aan die eenkant is daar ‘n “Rooms-Katolieke” wereld raad van kerke wat leraars voorskryf wat om te preek en aan die ander kant ‘n “new wave” van gevoels gedrewe Christenskap…

Stem Saam ·

Jip Willem, met jou stem ek saam. Wil ook byvoeg dat die kerk ook meer inklusief moet raak met die “sosiale hulp” wat hulle verleen. My omgewing se kerk verleen ongelukkig net hulp en opheffing aan EEN spesifieke bevolkingsgroep; nie almal nie.

Afrikaanse Knaap ·

Die gevaarlikste werk in SA is om ‘n ANC raadslid te wees. Veral in KZN. Nou as die ANC hulle eie mense uitmoor, wat dink ons gaan hulle vir ons doen? Niemand het respek vir Fikile nie. Hy bou niks, hy breek net. Die SAPD is klaar gekwota so hy sal voel sy werk is gedoen.

Meatloaf ·

Die “Wereld” dra geen kennis van n suid, oos, wes of noord Afrika nie. Vir die man in die straat, net Afrika. Hulle weet nie eens wie hul eie presidente is nie, nog te se waar Suid-Afrika op die map is nie. Hulp van die Wereld sal nooit kom nie, elke ou vir homself. Vir 79% van die Wereld bevolking is Afrika n jungle in the rumble. Verstaan tog nou vir eens en altyd.

[email protected] ·

As a coloured male from Mitchell’s Plain , Cape Town, I am sad and angry at the senseless assaults and murder of innocent elderly. It is obvious that what is happening to the white farmers in South Africa is politically motivated. The Government of South Africa, I believe and as a result of the ANC’s power in it, does not have the ability to deal with it. Similarly, nothing is being done, by Government, to the on going and rising gangsterism in Cape Town. I agree that the people, the citizens, corporate, civil society must do the necessary. I believe that God helps those and enable those who help themselves.

Marietha ·

Daar word net melding gemaak van plaas moorde en aanvalle en nie eers almal word genoem nie. Wat is die regte statistieke van inbrake op plase en plote reg oor die land??

fm ·

Hoekom gaan dit so goed met mense in lande soos Swede, Kanada, Ierland, Poland, Australië ens ens.? Hoekom is hulle vry, hoogs ontwikkeld, handhaaf ‘n hoë lewensstandaard en ervaar baie lae vlakke van misdaad en ontwyk die burgers van daardie lande nie verantwoordelikheid en aanspreeklikheid nie? Dit is die ontwikkelende lande wat eersdaags, binne die volgende 100 tot 500 jaar, of selfs gouer dit moontlik gaan maak vir mense om ander bewoonbare planete te bewoon.. Die inwoners van daardie lande dink ver vooruit wat hulle is hoogs ontwikkeld. Dit is daardie lande wat vir ons die verbysterend vining veranderde gevorderde tegnologie gee – wie sou 10 jaar gelede daarvan gedroom het daarvan dat ons deesdae interaktiewe kommunikasie reg oor die wereld sal hê. Wel inwoners van daardie lande het wel so gedink en die tegnologie maak ons lewe daagliks makliker en moderner en die meeste van ons gebruik dit. MIskien moet Suid-Afrikaners anders begin dink.

Gemene Deler ·

Jy bedoel seker ONTWIKKELDE lande?
En die gemene deler in “ontwikkelende lande” is……….???

fm ·

Ek is jammer – ek bedoel ontwikkelde lande. Die meeste tegnologie wat ons vandag gebruik het in daardie lande ontstaan en hulle ontwikkel steeds nuwe tegnologie teen ‘n snelle tempo.

Wilhelm ·

Afrikaner bid jou dood
-jy is verlam en verblind in eie selfmoord gekul. God is om en in jou en help net die wat homself wil help.
Lief.is ek vir jou MY LAND mag ons nooit verlaat.
Raak wakker !.! help mekaar!.!

Oom kosie ·

FW en Roelfie het ons mos beloof als sal wonderlik wees in die nuwe SA ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.