Vier polisie-hoës vas vir bedrog, korrupsie

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

Vier senior bestuurders in die polisiediens is in hegtenis geneem vir korrupsie, bedrog, geldwassery en die oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite.

Volgens kol. Brenda Muridili, woordvoerder van die polisie, het die vier Vrydag reeds in Pretoria se hof vir handelsmisdade verskyn.

Daar word beweer dat die vier betrokke was by korrupte aktiwiteite wat daartoe gelei het dat die staat uit R50 000 bedrieg is in Junie 2017. “Die teenkorrupsie-eenheid is in kennis gestel en het ʼn ondersoek van stapel gestuur,” het Muridili gesê.

Genl.maj. Pat Mokhushane (58) en brig. Manana Leonora Phetlhe (43) is aangekla van korrupsie, bedrog en geldwassery, brig. Tiyani Lincoln Hlungwani (30) van bedrog en lt.kol. Zandile Mokhushane (39), Pat se vrou, van geldwassery en die oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite .

“Lasbriewe vir hul inhegtenisname is op 14 Junie uitgereik. Phetlhe en Hlungwani is vasgetrek terwyl die Mokhushanes hulself aan die polisie oorgegee het.

Al vier beskuldigdes is vrygelaat op R5 000 borgtog op voorwaarde dat hul nie inmeng of enige staatsgetuie of ondersoekbeampte beïnvloed nie.

Die saak is uitgestel tot 27 Julie.

Genl. Kehla Sithole, nasionale polisiekommissaris, het die teenkorrupsie-eenheid gelukgewens met hul puik ondersoek. “Hoe hartseer dit ook al is om gesoute senior bestuurders te sien wat in hegtenis geneem word, is ek ook bly om te sien dat dit hul kollegas is wat hulle in hegtenis neem. Dit dui op toewyding daartoe om die SAPD te reinig van korrupte individue.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johanna Botha ·

Gaap …dis so algemeen dat ditnie eers meer nuus is nie ….nuwe SA !

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid voor kundigheid… BEE in aksie! Daar is soveel waardige mense wat hul werk met trots en integriteit sou kon doen. Viva ANC, viva!

Lana ·

‘n Ketting is so sterk soos sy swakste skakel.
As die swakste skakels bestaan uit sulke hoë range, kan jy maar net wonder hoe lyk die res!!

Die Skim ·

Ek stem volkome saam en hulle houding skrik vir niks – waar heen is die land oppad – die wat wél integriteit het het hel op aarde en word uur gewerk.

Marinda ·

Tipies polisie. En ons moet kamstig vir hul bang wees en respek he????????

Antiestabliesment ·

Bang wees, Bang wees? Niemand, behalwe kriminele, is veronderstel om vir die polisie bang te wees nie. Ons is veronderstel om ons kinders te kan vertel dat as hulle ooit moeilikheid ervaar kan hulle ‘n polisieman vertrou!
Maar nou met sulke korrupsie en betrokkendheid by gewapende roof en verkragting, is dit omgedraai.
Die wetsgehoorsame is nou bang en die krimineel staan hand om die blaas!!!

Han ·

As ons ‘n misdaad aanmeld, verkla ons inderwaarheid die duiwel by die satan!

Ralph ·

Piet, dit is my vraag ook. Weer n duidelike bewys van baantjies vir boeties.

A/O ·

Ek is op 46 nog steeds n A/O. Daar is al gese ek is nie senior genoeg in my geslag & rasse groep nie.

Die Verlore Skaap ·

Ons het nou daardie patetiese oorsese land geraak vir wie ons as kinders gelag het !

Chrisn ·

Piet jy moet ook vra wie het die swernood Brigadier gemaak? Die moet ook ondersoek word.

Andre ·

Sulke hoë range op sulke jong ouderdomme? Die mense is werklike begaafd. Hoe kry hulle dit reg?

Hoedemoer? ·

Ek wil ook net weet hoe is iemand op 30 n brigadier? Die volgende rang is Generaal-Majoor. Dus is dit senior bestuur en een van die hoogste range in die SAPD. Dis ongehoord.

My 2c ·

Rerig!!! Kyk die top offisiere se ouderdom e!!!!!!! Waar kan jy op 30jarige ouderdom n Brigadier wees????? Maw die bedrog het al begin by bevorderings. Maar lede met 25 jaar eerbare diens kry nie bevorderings. Sit al 10 – 15 jaar in dieselfde rang. Sluit hulle toe!!!

A/O ·

Ek nou die dag van een gelees wat op 23 by die polisie ingestap het as n brigadier. Maar ons geharde polisiemanne word nie bevorder nie. Ons moet ons monde hou en maar net die werk doen.

Alida ·

Hulle sal net weer aangestel word. Daar is GEEN genesing vir gierigheid nie. Sal dit aanhou doen want geld ruik en proe lekker en is deesdae vrylik beskikbaar in die staatsdiens.

Lerato ·

Vir R50 000 word hulle vervolg, maar die grootste skelm in die land kom nie eers in die hof nie

Pietiepol ·

Ja, ek wonder ook altyd oor dit. Relatief klein misdade word gestraf, maar die groot goed gaan verby.

Kobus V ·

Gaan seker nou vir ewig by die huis sit en nogsteeds enorme salarisse verdien plus bonusse!

Sarel Strydom ·

Indien die Bestuur so lyk hoe verwag jy moet die Jnrs. eerlik wees en hulle werk doen.

Elde ·

Saps moet ook aanstellings beamptes bekyk en toesluit vir bedrog so ook die wat hul bevorder het. Sal graag elkeen se kwalifikasies wil sien.

Johann Fouche ·

Verlede jaar n man van 28jr by die Mall@Reds in Centurion Pta raakgeloop, vol uniform die rang van brigadier. Hoe in die lewe kan dit wees, het ek myself afgevra.

Robert ·

Ek wil net weet hoe jy jou eerste geboorte reg (amp van brigadier) op die spel kan sit vir ‘n pot lensie sop (R50 000)!! En jy kry nie eens die volle bedrag nie want julle is 4. Daar is nie pille nie!

Viva Maroela ·

Kan MM dalk vir ons verduidelik wat ‘kommersiële handelsmisdade’ is? Kommersiële misdaad en handelsmisdaad is dieselfde ding.

Tania Heyns ·

Dagsê Viva Maroela

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

christa ·

moet jy trots wees op sulke skelm polisie. Hulle word mos net voor die voet aan gestel

P ·

Nog geskiedins vir die leeringe ek kry so lekker my tone krul om van lag lekker in afrieka land van ons surkus narre vermaak ons

lv ·

En van wanneer af is n Luitenant Kolonel deel van senior bestuur?

Wondermaarnet ·

Net 4? Dink daar is omtrent nog 14000 wat uitgelig moet word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.