Vier polisiebeamptes in howe vir korrupsie, verkragting

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

Vier polisiebeamptes het Woensdag in howe in onderskeidelik Mpumalanga en Noordwes verskyn op aanklagte van korrupsie en verkragting.

Twee beamptes, sers. Ngwazi Agrippa Ngwanyama (48) en Isaack Victor Sambo (39), het in die Kabokweni-landdroshof buite Witrivier verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is omdat hulle glo omkoopgeld van ’n motoris geëis het.

Volgens ao. Bonnie Nxumalo, woordvoerder van die Valke, het die twee beamptes glo op 26 September 2021 omkoopgeld van R10 000 geëis van ’n motoris wat hulle vir vermeende dronkbestuur voorgekeer het. Die motoris het sy vriendin gebel wat daarin kon slaag om R2 000 bymekaar te kry en sy het dit in sy rekening inbetaal.

“Die polisiebeamptes het die motoris glo in ’n polisievoertuig na ’n winkelsentrum geneem om die kontant te onttrek. Hy is ook beveel om vir die lugtyd te betaal wat gebruik is om sy vriendin te bel. Die voorval is vir ondersoek by die Valke aangemeld, wat tot die inhegtenisneming van die beskuldigdes gelei het.”

Die beamptes, wat by die Pienaar-polisiestasie gestasioneer is, is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat en die saak is tot 4 Julie uitgestel en na die Nelspruit-handelsmisdaadhof oorgeplaas.

hof-hamer

(Argieffoto)

Nog twee polisiebeamptes het in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn op aanklagte dat hulle ’n 20-jarige vrou verkrag het.

Otshepeng Nkate (26) en Lebogang Tladi (36) is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat en die saak teen hulle is tot 13 Mei uitgestel.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die beamptes se borgtogvoorwaardes behels onder meer dat hulle nie met staatsgetuies mag inmeng nie en nie enige direkte of indirekte kontak met die slagoffer mag maak nie.

Die slagoffer was op 30 Maart by haar kêrel se huis in Lorwaneng Village toe hulle glo in ’n rusie betrokke geraak het en die polisie ontbied is.

“Nadat die polisie hulle ondervra het, is sy vir opsetlike saakbeskadiging aangehou, aangesien sy vensters by haar kêrel se plek gebreek het. Sy is geboei en op pad na die polisiestasie het die polisiebeamptes glo ’n ompad geneem en vir haar gesê dat hulle haar huis toe neem.”

Die vrou is glo later gedwing om ’n soet drankie te drink wat haar lighoofdig laat voel het. “Sy beweer die beamptes het haar verkrag terwyl sy geboei was. Hulle het haar glo na die voorval huis toe geneem waarna haar gesin haar na ’n hospitaal geneem het vir mediese behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

marius ·

En geen opruk na die howe deur hul eerbare kollegas. Trouens , nie eers ‘n petisie nie . Patetiese spul !

AW ·

Daar is net geen woorde , Daar moet iets wees wat ons as n land kan en .oet doen om sulke gedrag tot n Stop te bring !!!

Elize ·

Gemors wat in blou uniform doen net wat hulle wil en ou hoed se bek is stil

JM ·

Súlke skuim is deel van ons polisiemag! Seker ook apartheid se skuld.

ES ·

Borg moet baie swaarder wees vir vermeende verkragters. R 3000 is niks geld nie…

melaney ·

Wensdenkery. Dit is SA. Hier werk dinge presies andersom. Maar hulle dag kom.

maruis ·

Hoe kan dit dan anders, hulle word aangestel en opgelei deur misdadigers.

007 ·

Begin by Hoed dan af ondertoe, ons SAPD kan nie reg kom as die hoof korrup is en geen respek vir sy land, sy mense en die uniform het nie.

domheks ·

Cele – pragtig! our people is darem trots op hulself, net soos jy! Geen respek vir niemand!

My siening ·

Leer jou kinders om te hardloop as jy ‘n polisiman sien. Penokio Cyrel se neus groei elke keer as hy sy mond oop maak!

ABDP ·

Ek leer my klein kindertjies dat “alle polisie beamptes gevaarlik is en geen staat instelling (medies, verkeer/ brandweer ens.) nie vertoru kan word nie. Hulle moet eerder ons plaaslike sekuriteits buurwag van Afriforum hulp vra. Al is daar mense in staatsdiens wat wel goeie werk verrig, is die reputasie en trek rekord van so aard, wie kan hulle vertrou? Ek kan nie!

Emily ·

En kyk die belaglike borgtog bedrae. Sluit net toe en gooi sleutels weg.

maruis ·

Dit is ons “OUR PEOPLE”
Verwyder diegene in die SAPS met misdaad rekords, en slegs 3% van die mag is geskik vir hulle werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.