Vier polisiebeamptes sterf in ongeluk

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Vier polisiebeamptes is Vrydagaand in ʼn ongeluk op die N2 in Harding, KwaZulu-Natal, dood.

Volgens die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid het die beamptes, wat lede van die misdaadintelligensie-eenheid in Kokstad was, in ʼn VW Golf gery. Kwanele Ncalana, woordvoerder van die departement, het gesê die beamptes se Golf het teen ʼn minibustaxi gebots. Die 10 insittendes in die taxi het ligte beserings opgedoen.

Willies Mchunu, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het sy skok oor die vier beamptes se dood uitgespreek. Mchunu het die dood van die beamptes beskryf as ʼn reuse terugslag in die regering se poging om misdaad te bestry kort voor die feesseisoen.

“Die vaardighede en kapasiteit waaroor hulle beskik het as lede van misdaadintelligensie, is skaars. Forensiese spanne ondersoek die toneel om te bepaal wat die ongeluk veroorsaak het.” Mchunu het sy meegevoel met die oorledenes se familie en kollegas uitgespreek.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sarie ·

Vir mý is die èèrste gedagte: “Alwèèr ‘n taxi!!! Indien u wonder waarom? Ek was 16jr & 4mnde gelede in ‘n trompop botsing met een betrokke & moet sedertdien met ‘n 3-wiel loop… Het voortdurende pyn & àlles nèt omdat daardie bestuurder, ànder voertuie teen ‘n bult verbygesteek het & die spêrstreep geïgnoreer het!!! Drs sê dis slegs genade dat ek oorleef het…”

Anton Coetzee ·

In ons huishouding is motorfietse wat deur die verkeer vleg ‘n probleem. Taxi’s het ookal vir baie onaangenaamheid vroegoggend op pad werk toe gesorg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.