Vier polisielede vas vir korrupsie

Die polisielede het glo mense daarvan beskuldig dat hulle die wet oortree, en dan geld geëis om die “oortreders” uit die tronk te hou.(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

Vier polisiekonstabels van die Wes-Kaap, almal tussen die ouderdomme van 27 en 37, is in hegtenis geneem. Dit kom ná ʼn ondersoek deur die polisie se teenkorrupsie-eenheid, wat die vier verdagtes sedert verlede jaar ondersoek.

Daar word beweer dat die konstabels mense daarvan beskuldig het dat hulle die wet oortree en dan geld van hulle eis om te keer dat die “oortreders” in hegtenis geneem word. Altesaam vyf sulke voorvalle is die afgelope jaar aangemeld.

“Na afloop van ʼn deeglike ondersoek is ʼn lasbrief vir die vier se inhegtenisneming uitgereik. Die lasbrief is vanoggend by die Harare-polisiestasie uitgereik, waar die vier diens doen,” het die Wes-Kaapse polisie in ʼn verklaring gesê.

Die vier is agter tralies en sal na verwagting Donderdag in die landdroshof in Khayelitsha verskyn op aanklag van korrupsie, diefstal en roof.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Persheks Adri ·

Gggmmmfff en dan kry hulle salaris verhogings ekskuus tog verskoon my. Kom hoedeman wat het jy te sê van jou korrupte mense? Hy gaan seker geskok wees of verbaas soos altyd…

Phillip ·

Nog n Mafija in bloe ienieform mooi man. Blou ieniefoerm Mafija moet hulle manne beter oplei ..

ES ·

Phillip, die opleiding is nie die probleem nie, dit gaan oor waardes en normes waarvan hulle oenskynlik niks het nie.

SjN ·

37 jaar oud en nog n konstabel, duidelik is hy daar om ander redes.

Kensy ·

JY WEET DUIDELIK BAIE MIN VAN DIE BEVORDERING STRUKTUUR.
As jy skelm is moet jy agter trallies sit – daarmee stem ek saam.
Daar is egter baie eerbare lede wat baie jare in hulle range is sonder bevordering.
Dit maak hulle nie skelm nie.

As jy niks van n onderwerp weet nie.. bly eerder stil.
Jy verklap net jou gebrek aan kennis.

Nie Verbaas ·

Ons weet miskien min van bevordering struktuur en is ten volle bewus dat daar lede is wat tot uiterste gaan om hulle werk eervol en volgens wet te doen. Om egter n krimineel met verduideliking van bevordering struktuur te verdedig is ook nie aanvaarbaar nie. Lede se korrupsie en onbevoegdheid word deesdae op n amper daaglikse basis blootgele. Nog steeds, die wat hulle werk doen het my volle respek.

Linx ·

Ek is 39jaar oud&12 jaar n konstabel hierie jaar ekt n skoon rekord,so ja ek se maar net

Charl ·

Ooo lekker kry ek nou. Bly om te sien daar word daadwerklik aandag gee mét positiewe resultate maar die helsems moet géén salarisse óf voordele verder ontvang nie !

Hennie J ·

Nog is het einde niet!!!
MAAR, hoedman en sy poppemeester cr, is ongestoord.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.