Vier polisiebeamptes van Mpumalanga het Woensdag in die Standerton-landdroshof verskyn op aanklagte van sakeroof.
Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het glo na ʼn supermark gegaan en voorgegee dat hulle beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is en daar is om ʼn inspeksie te doen.
“In die proses het hulle die eienaar van die supermark van ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant beroof en van die toneel gevlug,” het Hlathi gesê.
Konst. Thabiso Phillemon Lepoto (35), konst. Jabu George Sekhoto (37), konst. Siphiwe Esssau Ntshangase (45) en konst. Fika Thabo Makhubu (33) is in verband met die misdaad in hegtenis geneem en aangekla van sakeroof.
Die mans is tans vry op borgtog van R1 000 elk en die saak is tot 5 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.
Volgens Hlathi word die saak ook intern ondersoek.
Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris, het lede gewaarsku om onwettige aktiwiteite te vermy.
Nog n Zuma hoe is Hy families van Jacob Zuma waar kwalifikasies Vir die pos.
???????????????????????????????????????????
Die Polisie is deesdae meer in die moeilikheid as die gewone man op straat…
Alweer Mpumalanga – lyk my dit gaan rof daar. Alweer uit op slegs R1000.00 borg? Hulle is veronderstel om die gemeenskap te beskerm. Iemand doen nie hulle werk nie.
4 Polisiemanne? Hulle is gekamoefleerde kriminele!
Sakeroof-borgtog toegestaan R1000 elk, ernstige misdaad gepleeg met vuurwapens, heelwaarskynlik amptelike uitreikings terwyl hulle veronderstel is om gemeenskap te bekerm en te dien. Vraag: wat is fout met Dep. van Justisie? Sekerlik moes borg geweier gewees het in belang van gemeenskap en ernstigheid van misdaad. Kriminele sake wat ras verwant is word meer ernstig beskou as geweldadige misdaad in ons land, bekende Middelburg doodskis saak goeie voorbeeld, borg geweier alhoewel beskuldigdes bekend is in gemeenskap, geen vorige veroordelings. Antwoord: hoë geweldadige misdaad syfer
Ledigheid is die duiwel se oorkussing – niksdoeners bedink allerhande onheilighede
Wat n skande
R1000 borgtog wat n grap !!
Ek se mos ons grootste skelms is in die SAPD. Tenminste 90% is skelms. Dis hoekom ons land is soos wat dit is
R1000 borg en terug oppie jop. nou nou mis hulle n gulde geleenrheid om dit weer te doen.
Dit is hoekom SA lyk soos dit lyk. Maar Nr 1 het die voorbeeld gestel! Hoe kan jy vertroue in die polisie hê? Hulle is deur die bank die grootste kriminele. R1,000 borgtog – laat dit nou ‘n wit persoon is en vergelyk die boetes….
Geloofwaardigheid voor kundigheid. Viva regstellende aksie, viva!