Vier polisiemanne vas ná verdagte hul glo omkoop

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vier polisiebeamptes van KwaZulu-Natal is op borgtog van R500 elk vrygelaat nadat hulle op aanklag van korrupsie in hegtenis geneem is.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê kaptein Lindiwe Khumalo (47), sersant Sibusiso Ngubane (42), konstabel Phelelani Nzimande (31) en reserviskonstabel Sibusiso Ngcamu (46) is Dinsdagaand in Bergstraat, Pietermaritzburg, in hegtenis geneem.

Die beamptes het glo R5 000 omkoopgeld geëis van ʼn verdagte wat hulle vir dwelmbesit in hegtenis geneem het. Die verdagte het glo dwelms ter waarde van R5 000 in sy besit gehad.

Volgens Netshiunda het die verdagte die omkoopgeld aan die beamptes betaal. “Die beamptes het die geld gevat en die verdagte vrygelaat, onwetend dat hulle dopgehou word deur beamptes van die misdaadintelligensie-eenheid.”

Netshiunda het gesê die beweerde omkoopgeld en die dwelms waarop beslag gelê is, is in ʼn amptelike polisievoertuig gevind tydens die beamptes se inhegtenisneming. Hulle sal weer op 8 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stop die kriminele ook ·

Fantasties, stop die kriminele ook, dit kan ook later uitbrei in georganiseerde misdaad! Dit is net ongelooflik, mens moet bang wees vir aanvallers, kapers en nog Polisie lede soos die!!!! Dankie aan elke eerlike Polisie beampte en veral aan Polisie beamptes, inteligensie eenheid wat ondanks al die stigma en stories nog steeds onverpoos werk om hierdie gemors uit die samelewing te hou!!!!

Brie-brie ·

Goeie werk……so moet daar iewerste begin te werk word aan die kriminele.

Pietskiet ·

Viwa suid Afrika die in n nes wat lankal oop gekrap moes word dankie julle

Grap ·

Ek is dankbaar dat daar opgetree word teen die skelm polisiebeamptes maar dit is ‘n kopspelt puntjie van ‘n ysberg so groot soos Mount Everest en die norm by meeste polisie kantore met swak of geen leierskap

Johann Marx ·

Koop net julle “dockets” ook terug vir R5 000,00….en laat hulle die ander ouens ook vang…en so aan, en so aan, en so aan. Hier by ons sit die SAPD met ‘n verkyker hoe mense by ‘n taxi-staanplek dagga koop. Dan ry hulle agter die kopers aan, arresteer hulle, neem hulle polisiestasie toe, vra en kry omkoopgeld, konfiskeer die dagga en vat dit terug na die “verkopers” toe….sodat hulle NOG arrestasies kan genereer…want die polisiemanne moet ‘n sekere “kwota” arrestasies maak, anders kry hulle nie bonusse en bevordering nie.

Tiger ·

Borg van R500 ?Vir polisie wat korupsie pleeg?Dis hopeloos te min.Moes nader aan R10,000 gewees het!Wys net hoe KORUP is ons regters!

Jef ·

Die woord ….borgtog….. is al wat ek telkens lees as daar moordenaars, verkragters, diewe gevang word maar die woord straf kom selde voor.

GES ·

Die wolwe in skaapklere is korrupte polisiebeamptes wat hulle self bo die wet beskou. Straf hulle hard en maak ‘n voorbeeld van hulle. Dit is ongelukkig al wat sal werk.

Frans ·

Vergeet van straf. Hulle is een van die dae al weer op hul pos,indien nie al klaar nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.