Vier renosters binne weke in reservaat gestroop

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die stryd teen renosterstropery duur voort.

Meer as 80 renosters is reeds vanjaar in KwaZulu-Natal gestroop waarvan vier se karkasse die een na die ander sowat twee weke gelede in die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat in KwaZulu-Natal aangetref is.

Musa Mntambo, woordvoerder vir Ezemvelo KZN Wildlife, sê die karkasse van vier renosters is binne ʼn tydperk van minder as twee weke kort na mekaar in die Hluhluwe-iMfolozi-wildreservaat gevind. Al vier renosters se horings is verwyder.

Die toestand van die karkasse dui daarop dat die diere waarskynlik op verskillende dae gestroop is, maar binne ʼn kort tydperk.

Dit is nie in die stadium duidelik hoe die stropers toegang tot die wildreservaat gekry het nie, maar die moontlikheid bestaan dat hulle hul moontlik selfs as besoekers kon voordoen, sê Mntambo.

Altesaam 82 renosters is reeds vanjaar in KwaZulu-Natal gestroop, ten spyte daarvan dat renosterstropery in die eerste ses maande van 2020 met byna 53% afgeneem het. Dit was vermoedelik deels te danke aan die algehele landwye afsondering.

Maroela Media het vroeër berig twee witrenoster-karkasse is verlede week met skietwonde in ʼn wildreservaat in die gebied van Hoedspruit in Limpopo gevind.

Dit kort na ʼn renoster op ʼn wildplaas in Dorset doodgeskiet en van sy horing gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.