Vier Sassa-beamptes in hof vir bedrog

(Argieffoto)

Vier amptenare van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het Vrydag op aanklagte van bedrog in ʼn hof verskyn.

Philani Kwatsha, Mzivukile Galela, Mzwamadoda Ngoaqo en Vunyiwe Toto het in die handelsmisdaadhof in Gqeberha verskyn en is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Die saak is tot 15 November uitgestel.

Volgens Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die provinsiale Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), was dit die verdagtes se werk om betalings aan Sassa-begunstigdes op die stelsel aan te teken en goed te keur.

Die vier beamptes, wat onderskeidelik by Sassa-kantore in Keiskammahoek, Graaff-Reinet en Cradock gewerk het, het na bewering saamgesweer om Sassa te bedrieg. Daar word beweer dat die beskuldigdes op 22 Maart 2019 verskeie bedrieglike transaksies gepleeg het.

Die beskuldigdes het glo die bankrekeninge van die begunstigdes met vals bankrekeninge vir hul eie voordeel vervang. Die beweerde bedrieglike aktiwiteite is deur Sassa se Oos-Kaapse kantoor vasgestel en daar is met ʼn ondersoek begin.

Alle betalings is onmiddellik stopgesit voordat dit deur die bankrekeninge kon gaan. Sassa sou ʼn algehele verlies van net meer as R5,9 miljoen gely het indien die transaksies voortgegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anel ·

Belaglik!! R2000. 00 borg!!!! Hulle moes die sleutel weggegooi het!!!

Mariana ·

Laat mens wonder hoeveel is daar nog wat dieselfde dinge doen maar wegkom daarmee. Hulle hoort nie eers borg te gekry het nie.

Johannes ·

Lees ek verkeerd of is al die aanklaagtes, regstellende aanstellings.

Shakespeare ·

As hulle dieper delf gaan hulle nog BAIE skelm kaders ontbloot. Dis hoe die nuwe Sout Êfrica ” rock”.

Hennie ·

98,9% van SASSA werkers pleeg maandeliks bedrog! Dis hul enigste talent!

Deon ·

Knap gedaan vir die een wat dit rapporteer/gevang het. Pro aktief, dit is hoe dinge moet werk.

Frederik C ·

Net R2 000 borg. Het seker ANC T-shirts in die hof aangehad.

annie ·

Dit wil mos lyk of die ANC eerder kan ‘spog’ met muise in die staat se geldspêns as die opposisie. Vader Cyril kan gerus ook sy paar muisvalle fyner stel en met minder kaas op, want daar is nogal erge knaagdiere in hul midde…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.