Vier se dood in Hammanskraal met taxigeweld verbind

Argieffoto

ʼn Skietvoorval wat Sondag in Hammanskraal noord van Pretoria die lewe van vier mense geëis het, hou verband met taxigeweld.

Volgens die Gautengse departement van paaie en vervoer ondersoek die polisie die voorval waarin vier lede van die Simunye Taxi-vereniging helder oordag by die Rainbow-winkelsentrum doodgeskiet is.

“Daar word beweer dat twee mans in ʼn wit Audi op die vier losgebrand het en daarna van die toneel gevlug het,” sê die departement in ʼn verklaring.

“Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.”

Jacob Mamabolo, LUR vir paaie en vervoer in Gauteng, het die voorval sterk veroordeel en medelye met die oorledenes se familie en vriende betuig.

“Ons veroordeel diegene wat die moorde georganiseer het en só gesinne van hul geliefdes beroof het. Hierdie persone gee die taxibedryf ʼn slegte naam,” het Mamabolo gesê.

Die polisie het ʼn 72 uur-aksieplan in werking gestel om die oortreders op te spoor en aan te kla.

“Enigiemand met meer inligting oor die voorval moet na vore kom en die polisie help om diegene verantwoordelik agter tralies te kry.”

Mamabolo sê mense in die provinsie wat geweld aanstook raak geïsoleer, aangesien meer leiers in die taxibedryf ʼn stokkie voor sulke soort gedrag steek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ES ·

Nee maar dis lekker hier in die wilde weste waat taxi-geweld die orde van die dag is.

Persheks Adri ·

Nog moorde, nóg ongelisensieerde wapens en nou skielik kan hulle ‘n 72 uur aksieplan in werking stel!

Swerwer ·

Haal Taxi’s van die pad af en stel oordentlike busdieste (opgeleide en gelesensieerd) in en dit sal beslis
‘n positiewe uitwerking hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.