Vier seuns by kinderhuis ontvoer tydens rooftog

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na ses verdagtes wat met ʼn ambulans by ʼn kinderhuis in Johannesburg opgedaag en vier seuns tydens ʼn rooftog ontvoer het.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die ses verdagtes het Woensdag ʼn ambulans gekaap. “Hulle het die ambulans gebel en gesê ʼn vrou is in kraam. Die paramedici is met hul aankoms beroof en die ambulans gekaap.”

Volgens Makhubela het die verdagtes hierna na die TLC-kinderhuis in Eikenhof, suid van Johannesburg, gery. “Hulle het toegang tot die kinderhuis geëis, vier seuns met ʼn vuurwapen gedreig en op kontant aangedring. Hulle het die kinders gevra of enigiemand op die perseel gewapen is.”

Makhubela het gesê die verdagtes het hierna die vier seuns ontvoer. “Polisiebeamptes het die ambulans gesien en agterdogtig geraak. Die beamptes het die ambulans agternagesit en die insittendes het op die beamptes losgebrand. Die polisie kon egter daarin slaag om die kinders en paramedici te red. Die verdagtes het van die toneel gevlug.”

Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê die paramedici is na die Mulbarton-hospitaal geneem en is later ontslaan. Hulle sterk tuis aan. Dit is nie duidelik of die seuns beseer is nie.

ʼn Saak van poging tot moord, ontvoering en roof word ondersoek. Makhubela het ʼn beroep op die gemeenskap te doen om te help om die verdagtes vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Gertjie ·

As daar op SAPS geskiet word is dit poging tot moord, maar as dit wittes tydens ‘n inbraak is wat gelukkig is om te oorleef na skote gevuur is of pangas geswaai is, is dit slegs huisbraak of roof wat ondersoek word.????

Johann ·

Ag kaptein, siende dat jy vra die gemeenskap moet asb help om die verdagtes te help vastrek…stel die polisie nog beskrywings van die verdagtes vry? Behalwe dat hul mans was? Swart….wit? Gemengde groep? Was die kinders..KINDERS!!!!!!!!! wat ontvoer was en blootgestel was aan aan ongelooflike trauma swart? Wit? Die paramedici?

Alida ·

Makhubela, ons bly in ‘n land met baie verskillende rasse en kleure. Waarna moet ons soek as ons nie weet watter kleur die verdagtes is nie of moet ons raai?

Milwa ·

Julle hoofopskrif is baie misleidend. Dit was ‘n poging tot ontvoering, die kinders is gevind en veilig. Op eerste opslag klink dit of die kinders steeds vermis word.

Landi Slatter ·

Dagsê Milwa

Dankie vir jou terugvoer. Die kinders is inderdaad ontvoer en daarna teruggerky. Daar word ook (onder andere) ‘n saak van ontvoering ondersoek. Dus sal dit nie korrek wees om te noem dat dit ‘n ‘poging tot ontvoering’ was nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

RAS ·

Ons sal ongelukkig die RAS van die kapers moet weet sodat ons kan help soek. Hoekom word die ras weerhou? Twee wit mans rand een swart man aan en dwing hom in ‘n doodskis. Die media was nie bang om duidelik tussen die twee rasse te onderskei nie. Twee “verdagtes” steel ‘n ambulans en ontvoer kinders. Moet ons nou aanneem in die toekoms as ras nie genoem word nie dat hulle swart was? Hoekom word ras net genoem as die oortreders wit was en die slagoffers swart?

snoefie ·

ja nee en die polisiebeamptes op die toneel was al weer te vet en onfiks om die kriminele te vang. wha ha ha ha ha. wat ek graag sou wou weet, was dit spesifieke kinders? kinders wat by naam verkry was? kinders wat maar op die toneel was? was die kinderhuis toevallig oppad of was daar spesifiek na hierdie kinderhuis gery? was die doel van die ontvoering vir gyselaars? pedofiel kos of eie kinders of familie se kinders wat huis toe genoem sou word?

Johann ·

Verblydend om te sien dat ons saamstem.oor die feitelike weergawe van kriminele aktiwiteiete. Vir vervilgings en statistiese doeleiendes. Velkleur behoort tog BESLIS n baie belangrike elememt te wees om krimenele te soek en te vervolg? Dis bv vir n feit MY ANDRANG tot die nuwe RASSISME EN HAATSPRAAK dokument wat die ANC in ons kele wil afdruk. Ras korrekte detail tydens krimunele aktiwiteite.

Len ·

Nee mense. Die SAPD het goeie werk gedoen. Ek voel hulle moet geprys word vir die goeie werk. Die kinders is gevind en hulle is nou veilig. Dankie vir die lede wat hulle lewens op die spel geplaas het.

Herman ·

Waarom se zuma nie iets hieroor??? Waarom se hy nie iets or wit ou mense wat met strykysters gebrand word of met kookwater gebrand word en geslag word ???
Waarom praat hy nou ivm die doodskis episode waar skelms n plek wou beroof??
In plaas daarvan dat hy se hoeveel goed hy verkeerd gedoen het en leuns vertel het oor madonsela en sy ondervraging en en en , lig hy een verkeerde ding uit ( en dit is verkeerd om n persoon bang te maak met n doodskis) maar die duisende ander goed wat swartmense aanvang om boere te vermoor en ou mense te brand en te skiet, rep hy geen woord nie.
Dit is die fout met die ANC mense/ swart mense — hul kan maar aangaan om dood te maak en te vermink en en en, maar een fout deur witmense word nou opgelig.
Tipies van n persoon wat in n hoek vasgekeer is met alles wat hu verkeerd doen/ gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.