Vier seuns sterf saam

Argieffoto: Nico Strydom

Vier laerskoolseuns het Maandagmiddag in ʼn dam noord van Richardsbaai in KwaZulu-Natal verdrink.

Norman Rautenbach, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasie in Richardsbaai, het gesê NSRI-bemanning het teen 12:31 by die polisie se honde-eenheid, soek-en-reddingseenheid en duikeenheid, asook die uMhlathuze-brandweer en paramedici van die provinsiale nooddienste aangesluit nadat inligting ontvang is omtrent ʼn groep kinders wat in die Msweli-dam in Entoyeni verdrink het.

“Die kinders is vermoedelik almal van ʼn plaaslike laerskool. ʼn Seun wat saam met die groep by die dam was, het hulp ontbied nadat hy glo gesien het hoe sy vier maatjies in die moeilikheid beland,” het Rautenbach gesê.

Al vier seuns se liggame, tussen vyf en 13 jaar oud, is ná ʼn gesamentlike poging gevind en uit die water gehaal, waarna hul liggame aan die polisie se patologie-eenheid oorhandig is.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die seuns se families word deur die polisie bygestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dankie pa ·

Dankie pa dat pa my toegelaat het om as kannetjie in die kuile van Trichardtspruit te mag gaan swem. Ook met my plaasmaats in plaasdamme. Maar bowenal dankie vir die telkemale se waarskuwings teen sandbanke, drade en takke wat verskuil mag lê in daardie waters. Moenie sommer net induik maar stel eers ondersoek in of dit veilig is. Sy woorde “jy mag verstrengel raak in takke of drade en dan sal jy versuip” is soos gister alhoewel al 65 jaar gelede. Veral die bewoording ‘versuip’ het geweldige impak gemaak.
Hierdie berig is uiters hartseer want ‘n kind van 5 is té jonk om sonder ouertoesig te los.

Piet ·

Dankie Pa- goeie brief! Soms het n ou ook n pa wat al die raad gee en dan verdwyn sy kind steeds in die plaasdam met sy vuil water. Die probleem is die water is vuil en jy sien nie die kind as hy onder gaan nie.

LMF ·

Piet ek stem saam jou maar hkm was daai kinders in die eerste plek in die water seker was dit warm en hul wou afkoel veral die 5 jarige ag daar is so baie hoekoms wat ek kan vra maar al wat ek gaan sê is so baie sterkte aan hul ouers want n ongeluk gebeur so vinnig en dan is dit die einde

Marinda ·

Baie hartseer storie die. Niks erger as ñ ouer sy /haar kinders aan die dood af staan nie. Innige simpatie vir die ouers.

Andre C ·

Dis hartseer en laat n mens dankbaar wees dat jy nog lewe na al die dam en rivierswemmery van jou kinderdae.

Rupert Ashford ·

So hartseer. Sterkte vir die ouers – dit moet die ergste ding wees om jou kind te moet begrawe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.