Vier seuns verkrag glo dogtertjie

Argieffoto: Pixabay

Vier jong seuns, tussen tien en 13 jaar oud, is dié naweek na ’n jeugsentrum in Gauteng gestuur nadat hulle na bewering ’n vierjarige dogtertjie verkrag het.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê die vermeende verkragting het Vrydag in Muldersdrift plaasgevind.

“Die slagoffer se ma het na bewering ’n kliënt se hare gedoen toe ’n familielid haar van die vermeende verkragting vertel het. Die seuns is toe saam met hul voogde, die slagoffer en haar ma na ’n polisiestasie en ’n saak van verkragting is aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.”

Die seuns is intussen na die Walter Sisulu-jeugsentrum in Soweto geneem.

Die seuns is onder 1 230 verdagtes wat die naweek in Gauteng in hegtenis geneem is vir misdade wat wissel van die oortreding van die Rampbestuurwet, die onwettige besit van vuurwapens, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, diefstal, bedrog, aanranding en verkragting.

Volgens Masondo is ʼn 24-jarige man op aanklag van verkragting in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn vyfjarige dogtertjie in die nedersetting Khutsong aan die Wes-Rand verkrag het.

Dié vermeende verkragting het Donderdagaand plaasgevind toe die slagoffer se ma haar twee slapende kinders, onderskeidelik vyf en 11 jaar oud, tuis gelos en by haar kêrel gaan kuier het.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte die kind uit die huis ontvoer het en haar in die bosse verkrag het. Die polisie het die kind eers Sondag ná ʼn grootskaalse soektog gevind. ʼn Saak van kinderverwaarlosing kan moontlik teen die ma aanhangig gemaak word.

Altesaam 264 verdagtes is ook tydens stop-en-ry-operasies aan die Wes-Rand in hegtenis geneem onder meer op aanklagte van moord, brandstigting, verkragting, seksuele aanranding, huisroof, die besit van vermoedelik gesteelde kabels en die besit van dwelms.

Meer as 45 ander mense is oor die naweek hegtenis geneem vir dronkbestuur en vir onwettige byeenkomste terwyl vyf sjebiens in Tshwane oor die naweek deur die polisie toegemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

katerinadiekat ·

As dit is wat hulle op hierdie ouderdom doen, sidder ek om te dink wat hulle gaan doen as volwassenes.

Miskruier ·

Satan verkry meer en meer mag, kinders word nie meer met n gewete groot gemaak nie. Nie dat ek sê dat God as straf voorgesit word nie maar dat kinders die waardes van Sy woord geleer word.Hoeveel blanke kinders word ook goddeloos groot?

Andre ·

Jy sien Mr. die president! Om op tv te praat en vir jou makkers mooi te vra om nie sulke goed te doen nie, WERK NIE!

Kokerboom ·

Die sosiale siekte in ons land is terminaal!!! Ons regering het GEEN plan of oplossing.

Antoinette ·

Dis wat gebeur as dissipline nie meer toegepas word nie, en hulle toegelaat word om na al die geweld en onsedelikheid op TV te kyk. Die howe moet die kats terugbring. My huishulp (RIP nou) se een seun het op 15 met die verkeerde maats deurmekaar geraak, en aangejaag in die ou Bophutatswana. Die polisie daar het nie nonsens van kabouters gevat nie en elkeen ‘n afgedankse loesing gegee. Daarna was Josef die voorbeeldigheid vanself.
Die ANC moet alle verantwoordelikheid aanvaar met hulle simpel wette.

Misky ·

Ek sidder om te dink waardeur daai arme meisies nie moes gaan nie. Die ANC het bloed op hul hande!!!!

Het ons net nooit voorheen van sulke gevalle gehoor nie, maar het sulke dade ook so gereeld plaasgevind 26jaar gelede? Dis nou n alledaagse ding

Cherokee ·

Mabel Jansen, ek dink jy skaterlag steeds vir Gillian Schutte.

koos10 ·

Dankie ANC oor die seks opvoeding in skole en die wetteloosheid in die land. Dit werk regtig!
(Sarkasties bedoel.)
Die ouers van hierdie kinders moet ook verantwoordelikheid vat. Die seuns moet dit iewers van geleer/gehoor het.

Sarel ·

Hulle leer dit by die Volwassenes en diecGemeenskap is elke keer geskok wanneer so iets gebeur. Die sg. ” beskaafde” wereld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.