Vier slagoffers binne minute in Manenberg doodgeskiet

(Argieffoto: pixabay)

Vier mans is Woensdagaand in twee afsonderlike voorvalle, enkele minute uit mekaar, in Manenberg, Kaapstad, doodgeskiet.

Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê ’n groep onbekende verdagtes het omstreeks 19:00 vanuit twee motors op drie mans op die hoek van Jordan- en Silver Streamweg losgebrand.

Een van die slagoffers, ’n jong man van 18 jaar oud, is tydens die voorval doodgeskiet.

Twee ander, onderskeidelik 41 en 48 jaar oud, is gewond en ontvang hospitaalbehandeling.

Traut sê nóg drie mans is gisteraand, net tien minute later, op die hoek van Klipfontein- en Jupiterweg in Surrey Estate doodgeskiet.

Skote is in dié geval deur vier verdagtes vanuit ’n wit voertuig afgevuur.

Traut sê die verdagtes het in albei voorvalle op die vlug geslaan en is in dié stadium steeds soek.

Die polisie doen intussen ’n beroep op die publiek om met enige inligting rakende die skietvoorvalle na vore te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Bendes het die Wes Kaap oorgeneem. Tragies hoe die land agteruit gegaan het. SOVEEL onskuldige mense word elke dag vermoor in ons wettelose land en wie moet ons bedank, die ANC

Papsak ·

Wettelose land so word almal vermoor bedank ANC hiervoor alles gaan by die uur agteruit so pateties regtig

trotsNAMSA ·

My beste vriendin en ouers wat soos familie is, woon jare in Manenberg. Die morele standaarde en ouerlike leiding is daar geen sprake meer oor nie. Ouers is kinders wat kinders kry, ouers weer laat hul kinders toe om rond te loop, geen skool en saam-saam is hulle betrokke by onheile. Daar is vele persone wat probeer om die “gee” vir niks doen te verander. My vriendin en haar familie probeer om kinders in skole te hou, gee kos en help met skoolwerk, maar die kinders se ouers is “net”. Jammer, maar die Khoi en San mense is en sal altyd, soos vroeër, net aansukkel en wag vir SASSA of “Kindergeld” einde van elke maand. Khoi en San leiers moet ieder onder hul eie mense begin werk en nie net “paradeer as “leiers” nie.
Klipgooi is ook nou weer gewild, kinders en grootmense, staan langs die pad en gooi klip, vir wat ???

Dup ·

Bendes wis mekaar uit en die belastingbetaler moet vir die hospitaalkoste van die gewonde bendelede betaal.Dit maak glad nie sin nie.Bendes is in beheer van die samelewing in daardie areas en dit sal nie verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.