Vier slapende kinders dood in brand

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Vier kinders van Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo het Sondag in die vroeë oggendure doodgebrand toe hul ma hulle alleen gelos het, glo om ʼn kerkdiens by te woon.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die brand het omstreeks 03:05 in ʼn plakkershut in Uitbreiding 02 in Mookgopong ontstaan.

“Die vrou het glo haar vier kinders in die plakkershut agtergelaat waar hulle geslaap het om ʼn kerkdiens langsaan by te woon. In die vroeë oggendure het sy gesien daar kom vlamme by die dak van die hut uit waar haar kinders slaap. Sy het onmiddellik om hulp geroep, maar drie van die kinders was reeds dood,” sê Ngoepe.

Die vierde kind is na ʼn hospitaal gehaas, waar hy ook aan sy beserings beswyk het.

Ngoepe het die kinders geïdentifiseer as Mohau Gift Mabela (5), Mpho Gift Nkuna (9), Mahlatsi Thomas Mabela (11) en Junior Marcus Nkuna (14).

Volgens Ngoepe is die oorsaak van die brand nog onbekend. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om kalm te bly en die polisie kans te gee om die voorval te ondersoek. Die kommissaris het inwoners verseker dat die polisie geen steen onaangeroer sal laat om agter die kap van die byl te kom oor die tragiese voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jem ·

Wanneer gaan daar teen nalatige ouers opgetree word. Dit gebeur daagliks dat onskuldige kinders met hul lewe moet moet vir ouers se on verantwoordelikheid.

Sanet ·

OMW…❗❗❗?
sowaar nogals ñ “KERKdiens” 03h00 ini oggend❔meer ñ party dalk jaaa…
GOOÍ haar ini tronk vir moord, dat sy GENOEG kán kerkhou+bybel lees nou

Gert J ·

Word dating nou ook kerkdiens genoem. Hoekom sal n ma haar kinders uit die kerk wil hou???

Ag ·

Ja, whatever. Kerk 3h in die oggend. Vertel dit vir iemand anders.

Rika ·

Vra ek ook….. kerk 3uur in die ooggend no ways shame arme kinders.

Rikku ·

Kerk in 3:00 in die Oggend. Sy is seker na ‘n Smokkelhuis toe. So jammer vir die onskuldige Kindertjies.

Saartjie ·

Aan almal wat kommentaar gelewer het dat die ma by ‘n partytjie/sjebien was: Julle is dalk reg, maar vra ‘n bietjie rond en julle sal verbaas wees oor hoeveel deurnag ‘prayer meetings’ wel gehou gehou word. En ‘n Sondag kerkdiens duur nie net ‘n driekwartier nie, maar drie of vier uur.

Se maar net ·

Sjoe julle kommentare verstom my. Dit was dalk n nagwaak vir n begrafnis wat die sondag sou plaasvind. Hoe kan julle net oordeel.

Asjas ·

Na aanleiding van die laaste twee kommentare. Ja, julle is dalk reg maar feit bly staan … JY LOS NIE JOU KINDERS ALLEEN BY DIE HUIS NIE!! Ons het in soortgelyke gevalle kinders saam gevat met slaapsakke of by iemand gelos of iemand gekry om by ons kinders te bly. Soms was dit net vir ‘n uur maar op daardie ouderdom, NOOIT alleen nie. Jy kan kinders nie vir ‘n oomblik op hul eie laat nie, enigiets kan gebeur. Ek is seker die Here sal verstaan as jy Sy kosbare geskenk ekstra mooi oppas.

GELOOF ·

Dit is verskriklik hartseer wat gebeuur het. Ek dink net voordat enige iemand iets negatiefs wil skryf maak maar net eers seker van jul feite.

Vir die wat nie weet, ons het ń African dame wat by ons werk. Hul het ook kerdienste wat tot laat in die oggende duur. Sy het al by die werk gekom en dan is dit direk van so ń diens. Dis ń seker tyd van die jaar. Nie seker waaroor dit gaan maar ja, dis hul geloof.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.