Vier ‘spoedvrate’ vas

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Vier mense is die naweek in hegtenis geneem toe hulle betrap is waar hulle glo meer as 160 km/h gery het.

Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) se hoëspoed-eenheid het Sondag tussen 05:00 en 10:00 dié vier motoriste op die N3-suid naby die afrit na die Randse lughawe in Germiston aangekeer.

Lt.kol. Wilfred Kgasago, woordvoerder vir die EMPD, het gesê ʼn 42-jarige vrou in ʼn silwer KIA Sportage is omstreeks 07:40 in hegtenis geneem ná sy glo teen 168 km/h gery het. Volgens die vrou was sy laat vir kerk.

“ʼn 38-jarige man in ʼn blou Golf GTI is teen 164 km/h vasgetrek,” het Kgasago gesê. Die ander twee het albei 161 km/h gery en onderskeidelik aangevoer dat hulle laat was vir kerk en vir ʼn fietswedren.

“Die vier is van roekelose en nalatige bestuur aangekla by die Germiston-polisiestasie en op borgtog van R1 000 elk vrygelaat,” het Kgagaso gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Goeie raad ·

Goeie raad: “Rather be late than ‘The late . . .’ “

Willem de Klerk ·

Hoeveel mense sterf agv spoed en nog steeds doen die regering niks. Boete werk nie. Skort lisensie op bereken op glyskaal. Bestuur met opgeskorte lisensie = geen lisensie ooit. Daarna verpligte tronkstraf. Sien dan hoe padsterftes verminder.

Olaf ·

Ek het geen geloof meer in enige spoedlokval nie, veral waar munisipale verkeer op ‘n nasionale pad spoedlokvalle opstel nie. Hulle moet goedkeuring hê van NVG om dit te doen. Bitter min van hulle word wettig opgestel. Ek het ‘n hele bedrog storie oopgevlek in die Suid Kaap waar bestuurders onwettig “gevang” word, hof toe gesleep word en selfs kriminele rekords kry terwyl hulle onskuldig is. Een 86 jarige boer is gevang teen 196 km/h met sy ou Toyota diesel bakkie met sy ou hond agter op, terwyl die handelaar sê dat daardie voertuig se topspoed nuut slegs 146km/h is. Ek het nou bedrog sake oopgemaak teen 4 verkeersbeamptes insluitend die verkeershoof. Die motoriste moet wettig wees, so ook die beamptes. Niemand is bo die wet nie.

Hettie ·

So geen verskoning vir laat nie en moes al voor tyd gery! Moes ook vroeg opgestaan het!

Jem ·

Reg so. Vat hulle vas. Te veel on skuldiges mense en kinders verloor hulle lewens deur padvarke.

ek se ma net ·

daar is n groot verskil tussen vinning en roekeloos ry
moderne voertuie is nie gebou om 120kmh te kan ry nie
n padvark en n vinnige bestuurder is nie die selfde ding nie
daar is beter maniere om paaie veilig te kry as om geld te vat by vinnige bestuurders

Ben ·

Ek stem saam dat ongelukke nie deur spoed veroorsaak word nie, maar deur bestuurder wat nie hul voertuie se vermoe ken nie en n klien karetjie kan nie doen wat n luukse Duitse moter kan doen nie.Die staarig verkeer in die regte baas maak al die probleme en hoor be boet te work oor hul verkeer ophou.

Lou ·

My bakkie “cruise” lekker teen so 110km/h. Dis maar sy spoed opdraand en afdraand. En ek hoef nooit te “worry” oor spoedlokvalle nie…….

cor ·

Ja myne ook dit hardloop honderd en tagtig , honderd teen die afdraande en tagtig op die gelyk pad

Ek sê ook maar net ·

ek se ma net, ek stem 110% saam jou! Ongelukkig begryp mense nie die verskil tussen vining-en onverskillig ry nie. Met ‘n moderne, luukse voertuig, kan ek ‘n baie kleiner gevaar op die pad inhou as ‘n windgat, roekelose bestuurder met ‘n VW Citi Golf. Dis nie spoed wat ongelukke veroorsaak nie, maar die bestuurder en/of voertuig se onvermoë om die spoed te hanteer. 164km/h in ‘n Golf GTi, voel soos 80km/h in ‘n Chevrolet Spark.

Christa ·

Dit maak nie raak how 164 kph VOEL nie, die spoedgrens is daar vir ‘n baie goeie doel. Dink aan die gevolge as daardie voertuig teen 164 kph in jou of jou naasbestaande se voertuig jaag – gaan jy NOG se dit voel maar soos 80 kph?

Joe ·

Mmmm …. ek dink daar moet strenger wette wees van spoed & roekelose oortredings …. so ook ongelisensieerde voertuie & pad verbruikers wat nie geldige bestuurslisensies het nie … Arresteer summier alle oortreders sonder die keuse van ‘n boete , skort alle lisensies op vir 10 jaar of langer …. spoed laat te veel na wense oor & dit is altyd onskuldige pad verbruikers wat daar onder lei ….. strenger wette …

Jan ·

Drakoniese maatreels is noodsaaklik om waansinnige optrede op ons paaie te bekamp. Maar wie gaan dit doen? In hierdie sisteem kan ons maar vergeet daarvan. Elkeen doen net wat hy wil en kom weg daarmee.

cor ·

Daar is ‘n ou gevang vir bedrog en verlede in hof sy verweer as dit van die kop af vrot en senior amptenare dit kan doen hoekom nie hy ook nie.. So die mense redeneer ook as sekere amptenare met hulle mercc’s en beemer’s kan ry soos hulle wil hoekom nie hulle ook nie. Kyk maar selfs die metro en sapd hoe ry hulle want blykbaar is spoed beperking net vir jan en alleman. Stel ‘n voorbeeld van bo tot onder en ons sal almal daar aan voldoen.

MANIE ·

Kan nie verstaan dat hulle die mense wat hoe spoed ry kan vang maar die motoriste wat elke tweede minuut oor stopstrate en rooiligte ry in Montanapark kan nooit gevang word. Wonder watter een van die oortredings hou die grootste gevaar in vir ander motoriste?Kan seker nie op maroela media kom as hulle die stopstraat en rooilig oortreders vastrek. Van die DA in beheer is in Pretoria is daar nog geen verbetering aan die oortredings. Maar hulle staan die strate vol op n daaglikse basis om te kyk of jou voertuiglisensie nie verval het.

w ·

R1000 . Ai hu belaglik. Niemand neem die spoedoortredings ernstig op ni

ken benoni ·

Ek stem saam, vat spoedvrate vas maar dan moet die insleepvoertuie ook gegryp word! Konfiskeer voertuie wat onpadwaardig is en pers hulle saam in ‘n metaalblokkies Die taxis is oral onaantasbaar, hulle is roekeloos, onpadwaardig, oorlaai en remoerig. Hou die taxi eienaars verandwoordelik vir skade aangerig aan ander se eiendom en gee spoedvrate verpligte diens in hospitale se ongevalle!
Manie ek beaam dit wat jy sê.☺

ken van benoni ·

Waarom word spoedvrate gevang en taxi’s kom weg met alles wat padwettiglik verkeer is! Oortereders van verkeersligte kom skotvry, die insleepvoertuie is amper erger dan die taxi’s. Taxi’s, insleepvoertuie, onpadwaardige voertuie, wat die wet verbreek behoort in blokkies gepers te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.