Vier staatsamptenare in hof oor ‘lisensiebedrog’

Foto: ANA

Foto: ANA

Vier amptenare van die Kaapse stadsraad het Woensdag in die streekshof verskyn in verband met die beweerde uitreiking van vals voertuigregistrasielisensies aan taxibase.

Farouk Martin (30), Sivuyile Charlie (33), Xolani Qhinga (35) en Lwandiso Mawisa (31) is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Hulle word van bedrog, korrupsie en regsverydeling aangekla.

Die vier se saak is tot 22 September uitgestel vir verdere ondersoek. Die amptenare is Maandag in hegtenis geneem. Drie beamptes is by die werk in hegtenis geneem terwyl die vierde beampte by sy huis in hegtenis geneem is.

Die inhegtenisnemings het gevolg ná ’n ondersoek deur die stad se spesiale-ondersoekeenheid wat in Mei reeds begin het. Sewe staatsamptenare is by die beweerde bedrog betrek. Drie van die beamptes het intussen bedank. Hulle kan moontlik ook strafregtelik aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

Bedank en word net weer in volgende pos aangestel. Kyk of hulle vervolg gaan word en plaas dit ook op rekord. Ek betwyfel dit.

Berhalet Beukes ·

R4000, dis die huidige prys wat jongmense wat te lui of onbevoeg is om die korrekte roete te volg, betaal vir ‘n lisensie! Geen wonder almal se motors is vol duike nie!

Theresa ·

Ek dink nie dit verbaas enige iemand nie…………………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.